#FeesMustFall: Vereniging bekommerd oor moontlike tekort aan dokters

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die effek wat die #FeesMustFall-betogings op finalejaar mediese studente by gesondheidsfakulteite regoor die land het.

Dr. Mzukisi Grootboom, Sama-voorsitter, het gesê die openbare gesondheidstelsel is onder enorme druk. “Dit is ʼn weerlose stelsel en is hoogs afhanklik van die jaarlikse inneem van nuwe gegradueerdes. Enigiets wat hierdie inname in gevaar stel, sal ernstige gevolge vir mediese dienslewering inhou, wat weer ʼn uitkring-effek sal hê op pasiënte se siektetoestand en selfs sterftes,” het Grootboom gesê.

Hy het gewaarsku dat interns en junior dokters die grondslag is waarop die openbare gesondheidstelsel gebou is en dat enige ontwrigting van die graduering van dokters ernstige gevolge vir die stelsel sal inhou.

Prof. Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Maandag gesê indien die 2016 akademiese jaar opgeskort moet word, sal dit ʼn impak hê op die hoeveelheid dokters wat gradueer.

Grootboom het bygevoeg dat behalwe vir die onmiddellike probleem wat dit sal skep, die medium en langtermyn-gevolge ook beduidend sal wees. “Natuurlik is hierdie kwessie van toepassing op die graduering van alle professionele beroepe aan ons universiteite, insluitende ander gesondheidsberoepe en nie-gesondheidsberoepe. Ons kommer is egter gegrond op die negatiewe impak op pasiëntsorg en die gevolge vir ʼn openbare gesondheidstelsel wat gesondheidsdienste aan die weerloosste mense in ons land moet lewer.”

Betogende studente by Wits het Maandag aangekondig dat die instansie nie toegelaat sal word om te heropen nie totdat daar aan hul eis vir gratis onderrig gehoor gegee is.

Sama het ʼn beroep op die studente, universiteite en die regering gedoen om ʼn oplossing vir die saak te vind ter wille van die land se toekoms. Die vereniging het ook gesê die regering neem nie genoeg leiding in die #FeesMustFall-kwessie nie en moet dringend ingryp.

“ʼn Volhoubare oplossing vir gratis onderrig, van primêre tot hoër onderrig, moet dringend gevind word. Sonder die nodige onderrig van ons mense sal ons land nooit die nodige voortuitgang kan maak om aan ons ekonomiese behoeftes te voldoen nie en wanbalanse sal al meer na vore tree,” het Grootboom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
GES

Die residensiële universiteitsmodel is uitgedien. Privaat hospitale sal maar noodgedwonge hulle eie personeel moet oplei. Alles wat die staat/anc probeer beheer is gedoem tot ondergang.

Karen van Zyl

En ons kan op die huidige dokters staat maak?

Jean

Neewat dit het NIE net met Feesmustfall te doen nie. WIT kinders met 7 en 9 onderskeidings in matriek het vir JARE nie toelating gekry by die Universiteite gekry om Medies te studeer nie.. hoekom was julle toe nie bekommerd nie? Moenie nou bekommerd raak oor dokters nie, duisende kinders is oor die afgelope jare afgekeur vandat die ANC aan bewind gekom het, hulle sal eerder ‘n KUBAAN van die buiteland af invoer as wat hulle ‘n wit kind ‘n kans gee om Medies te studeer. Kom ons wees nou maar eerlik, honderde kinders sit nou met ‘n BSC Medical… Lees meer »

AM

Ek stem 100% saam met Jean. Oor baie jare heen is wit kinders met 7 tot 9 onderskeidings afgekeur vir o.a medies. Vir baie ander rigtings ook bv veearts, argitekte, noem maar op. Dit was nie “wys” gewees nie. Waarom was dit toegelaat?

John

Moenie bekommer nie, ons het genoeg opgeleide toordokters en baaaie muti. Die muti werk by mynopstande (lees Marikana) en gee stamina aan studente-betogers (lees spuitnaalde). Die Ooste is mal oor ons renosterhoring en die gesogste items vir muti is die liggaamsdele van albino’s en andere. Wie kla? Seker tog nie die ma’s wat hul seuns in die winter stuur vir besnydenis met geroeste vuil broodmesse nie. Verskoon tog, ek moet gou my kruiepoeier van dr Pajadji gaan drink… amper vergeet.