#FeesMustFall: Vereniging bekommerd oor moontlike tekort aan dokters

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die effek wat die #FeesMustFall-betogings op finalejaar mediese studente by gesondheidsfakulteite regoor die land het.

Dr. Mzukisi Grootboom, Sama-voorsitter, het gesê die openbare gesondheidstelsel is onder enorme druk. “Dit is ʼn weerlose stelsel en is hoogs afhanklik van die jaarlikse inneem van nuwe gegradueerdes. Enigiets wat hierdie inname in gevaar stel, sal ernstige gevolge vir mediese dienslewering inhou, wat weer ʼn uitkring-effek sal hê op pasiënte se siektetoestand en selfs sterftes,” het Grootboom gesê.

Hy het gewaarsku dat interns en junior dokters die grondslag is waarop die openbare gesondheidstelsel gebou is en dat enige ontwrigting van die graduering van dokters ernstige gevolge vir die stelsel sal inhou.

Prof. Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Maandag gesê indien die 2016 akademiese jaar opgeskort moet word, sal dit ʼn impak hê op die hoeveelheid dokters wat gradueer.

Grootboom het bygevoeg dat behalwe vir die onmiddellike probleem wat dit sal skep, die medium en langtermyn-gevolge ook beduidend sal wees. “Natuurlik is hierdie kwessie van toepassing op die graduering van alle professionele beroepe aan ons universiteite, insluitende ander gesondheidsberoepe en nie-gesondheidsberoepe. Ons kommer is egter gegrond op die negatiewe impak op pasiëntsorg en die gevolge vir ʼn openbare gesondheidstelsel wat gesondheidsdienste aan die weerloosste mense in ons land moet lewer.”

Betogende studente by Wits het Maandag aangekondig dat die instansie nie toegelaat sal word om te heropen nie totdat daar aan hul eis vir gratis onderrig gehoor gegee is.

Sama het ʼn beroep op die studente, universiteite en die regering gedoen om ʼn oplossing vir die saak te vind ter wille van die land se toekoms. Die vereniging het ook gesê die regering neem nie genoeg leiding in die #FeesMustFall-kwessie nie en moet dringend ingryp.

“ʼn Volhoubare oplossing vir gratis onderrig, van primêre tot hoër onderrig, moet dringend gevind word. Sonder die nodige onderrig van ons mense sal ons land nooit die nodige voortuitgang kan maak om aan ons ekonomiese behoeftes te voldoen nie en wanbalanse sal al meer na vore tree,” het Grootboom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

GES ·

Die residensiële universiteitsmodel is uitgedien. Privaat hospitale sal maar noodgedwonge hulle eie personeel moet oplei. Alles wat die staat/anc probeer beheer is gedoem tot ondergang.

Jean ·

Neewat dit het NIE net met Feesmustfall te doen nie. WIT kinders met 7 en 9 onderskeidings in matriek het vir JARE nie toelating gekry by die Universiteite gekry om Medies te studeer nie.. hoekom was julle toe nie bekommerd nie? Moenie nou bekommerd raak oor dokters nie, duisende kinders is oor die afgelope jare afgekeur vandat die ANC aan bewind gekom het, hulle sal eerder ‘n KUBAAN van die buiteland af invoer as wat hulle ‘n wit kind ‘n kans gee om Medies te studeer. Kom ons wees nou maar eerlik, honderde kinders sit nou met ‘n BSC Medical Science en sommige meisies het maar fisioterapie gaan studeer, om te kyk of hulle nie later wel toelating tot Medies kon kry nie. Dis te LAAT om nou te huil, behalwe as julle die inname SONDER voorbehoud en sonder die kwotastelsel doen, kan julle DALK binne 7 jaar weer genoeg dokters he. Hoeveel “dokters” dans nie voor in die koor en gooi klip en brand Universiteite af nie? Wat se mediese praktisyn gaan hy eendag wees? Steek die pasient se bed aan die brand as hy nie betaal nie?

Daar is nie so iets soos GRATIS onderrig nie, wie moet dit betaal? Ons land se belastingbetalers is net nie genoeg om nog ‘n verdere las te dra om ook vir gratis onderrig te betaal nie. Die universiteite gaan onder gaan soos hulle nou daar staan, en private universiteite (waar jy wel betaal) gaan floreer. Die skrif is aan die muur.

Anoniem ·

Jean, ek wil graag ‘n eier lê oor jou kommentaar, aangesien my twee (wit) kinders medies swot. Sover ek my kennis strek, is die mediese studente nie juis betrokke by die oproerigheid nie. Hulle gaan aan soos normaalweg. Karen, ek weet daar is ongelukkig enkele dokters in die staatshospitale wat nie hulle kant bring nie. Ek wil jou egter verseker dat die oorgrote meerderheid HARD leer, HARD werk en MIN slaap om die beste vir hulle pasiënte gee, soms in baie moeilike omstandighede.

Karen van Zyl ·

Anoniem ek praat nie van dokters by staatshospitale nie maar by privaat hospitale en alle dokters is nie noodwendig by ‘n hospitaal nie.

AM ·

Ek stem 100% saam met Jean. Oor baie jare heen is wit kinders met 7 tot 9 onderskeidings afgekeur vir o.a medies. Vir baie ander rigtings ook bv veearts, argitekte, noem maar op. Dit was nie “wys” gewees nie. Waarom was dit toegelaat?

John ·

Moenie bekommer nie, ons het genoeg opgeleide toordokters en baaaie muti. Die muti werk by mynopstande (lees Marikana) en gee stamina aan studente-betogers (lees spuitnaalde). Die Ooste is mal oor ons renosterhoring en die gesogste items vir muti is die liggaamsdele van albino’s en andere. Wie kla? Seker tog nie die ma’s wat hul seuns in die winter stuur vir besnydenis met geroeste vuil broodmesse nie. Verskoon tog, ek moet gou my kruiepoeier van dr Pajadji gaan drink… amper vergeet.

Jakobus ·

Jean, ek stem 100% met jou. Van die os op die jas, ‘n ander ding wat ek nie kan verstaan nie en dit is die klasgelde en uitgawes wat die studente aangegaan het, veral lenings en daardie gelde wat die ouers of studente uit hul eie sak bydra. Mens hoor geen piep van die universiteite daaromtrent nie. NIKS! So asof hulle net nie omgee nie, hulle is nie ‘n m…. geroer nie. Skuus vir daai woord, maar so langer die twak aangaan, hoe kwater raak ek.

Ek besef hulle is tog so bang hulle tel aanspreeklikheid op as hulle hul snaters in daardie rigting sou ookmaak. Hulle gee nie eens gemoedsrus vir die studente om te beduie wat volgende nie, wat van volgende jaar nie. Nee, hulle dinges net van dag tot dag voort, strompel agter die radikale opstokers en afbrekende studente aan. Hulle is pateties verby.

Jean ·

Die Universiteite gaan nou hulle alies begin sien as daar met regsaksies teen hulle begin word. Daar is ‘n prokureur wat 3000 studente by een universiteit verteenwoordig en die Universiteit nou gaan dagvaar, NIE net vir een jaar se studies nie, maar ook vir die verlies aan inkomste omdat studente wat aanbiedinge vir werk vir volgende jaar het, dit nie kan bybring nie. Die firmas onttrek hulle aanbiedinge want hulle benodig werknemers om 1 Jan by hulle firma aan te sluit. Kom ons kyk of die Universiteit dan nog so braaf gaan wees? Kies tussen regsaksies van miljoene en ‘n 23 % oproerige skare se vernietingsveldtog. EK wonder nou net stilweg hoe die dosente dink hulle betaal gaan word as die studente geen fooie meer gaan betaal nie. Is hulle regtig so naief om te dink dit gaan steeds goed met hulle gaan?

humor ·

Aangesien die studentebetogers tot op hede hul geensins aan die die die wette en ordelikheid soos voorgeskryf gesteur het nie, het die staat die volle reg om alle verdere betogings sumier te verbied Waarom gebeur dit nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.