#FeesMustFall: ‘Wetstoepassers moet eintlik aangekla word’

DIe studente-aktiviste van Noordwes kom by die Uniegebou aan. Foto: ANA

ʼn Groep studente-aktiviste van Noordwes het Dinsdag by die Uniegebou in Pretoria aangekom om ʼn memorandum te oorhandig waarin hulle presidensiële kwytskelding versoek vir studente wat agter tralies is of strafregtelike aanklagte te wagte is in verband met die #FeesMustFall-betogings.

Dikago Thebe Pule, ʼn verteenwoordiger van die studente, het uit die memorandum voorgelees waarin die studente sê hul versoek is gegrond op die feit dat die #FeesMustFall-betogings “vir ʼn goeie doel was”.

“Die regering het later hierdie goeie doel bevestig deur die instelling van die eerste fase van gratis onderrig by instansies van hoër onderrig,” het Pule gesê. “Die voortgesette hofsake is tot nadeel van die aktiviste aangesien dit hul studies beïnvloed. Dit het ook ʼn nadelige uitwerking op hul families wat die finansiële las van regskoste moet dra.”

DIe studente-aktiviste van Noordwes kom by die Uniegebou aan. Foto: ANA

Pule het gesê dit is eintlik die wetstoepassingsbeamptes en kampusveiligheidswagte wat aangekla moet word omdat hulle gewelddadig teenoor studente opgetree het tydens die grootskaalse, landwye betogings vir “gratis, gedekolonialiseerde hoër onderrig”.

Die studente se memorandum lui verder dat hul medestudente ook deur universiteite gestraf word omdat hulle aan hierdie historiese betogings deelgeneem het.

“Ons versoek daarom die president om, deur die ministeriële taakspanne, voorbrand te maak vir alle studente wat geskors is om terug in die stelsel toegelaat te word sodat hulle hul studies kan hervat. Studente in hierdie land is nie misdadigers nie. Hulle is ʼn bron van vaardighede en kennis.”

Die studente se memorandum het ook ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om kwytskelding toe te staan aan die studenteleiers.

“Hierdie reis was so uitputtend. Ons het ons reis Woensdag in die oggend begin en eers vandag in Pretoria aangekom. Ons het nie kos gehad nie en moes baie uitdagings trotseer. Ons het nie ʼn plek gehad om te slaap nie en moes soms op die straat slaap. Die idee om hierdie staptog te doen was om bewusmaking te skep,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Neutraal ·

Hul families kry swaar weens regskostes. Wat van die skade wat hulle aangebring het. Hulle moes lankal aan die gevolge gedink het. Hulle het verkies om te stap en op sypaadjies te slaap. KRY VIR JULLE. KRY WAT JULLE VERDIEN.

Potlood ·

O Vader , gee my krag… Ek kan nie glo wat ek nou gelees het nie… Ek voel super slim…

Asmain ·

Hulle het nie veel kennis & vaardighede getoon toe hulle alles afgebrand en verwoes het nie. Wie moet daardie kostes dra? Die dag as hulle die betekenis van “vreedsaam betoog” verstaan & toepas kan hulle dalk simpatie verwag.

m.d.r. ·

As ek die storie reg verstaan, beteken dit dat mense enige misdaad kan pleeg solank hulle doelwit “edelmoedig” is…..
Sluit dit plaasmoorde ook in …? En wat van verkragtings….? die lys raak eindeloos..!!

Jacobus Krynauw ·

Wat vir my erg bly, is dat hierdie tipe mense wat geweld pleeg, stemreg het…

Hennie ·

Vinnig om hulle bekke te rek en dan wil hulle tjank! Dis hoogtyd dat hulle integriteit ontwikkel.

dr. Sakkie van der Merwe ·

So kry iemand anders altyd die skuld en hulle is die slagoffers.

Johan ·

Wat ‘n wan-redenasie!!!!! Die oproer was vir n “goeie doel”. Daarom was die verwoesting van miljoene rande geregverdig! Daar word weereens glad nie verantwoordelikheid vir kriminele dade aanvaar nie. Solank die skuldiges nie gestraf word nie, sal hierdie tipe van verwoesting onbepaald voortduur….

De Villiers ·

Wat is afbrand, verwoes, vandaliseer, aanranding ens. wat gepaard gegaan het met die FeesMustFall-betogings deur die studente dan anders as kriminele aktiwiteite? Die wetstoepassers en veiligheidswagte het net opgetree met die mate waarmee die studente betoog het. Daar moes nog meer gearresteer gewees het. Sulke studente moet hul studies kwyt op enige kampus in Suid-Afrika, hul name dalk êrens op ‘n register geplaas word en ook verantwoordelik gehou word om vir die skade te betaal wat hulle aangerig het aangesien hulle ‘n gevaar is by enige instansie waar hulle leer en gaan werk. Dit sal ‘n waarskuwing uitstuur na diegene wat geweldige optredes tydens betogings oorweeg.

MANIE ·

Hierdie is n klomp kriminele en dan word belastingbetaler geld ook op hulle gebruik sodat hulle met n hulle kriminele aktiwiteete kan aangaan

Jerry ·

Fees must fall was net nog n NDR program wat deur die ANC uitgerol was om verandering te weeg te bring in die hoogste echelons van universiteite. EFF aktiviste het egter die program gekaap en met petrol en klip was hulle ingespan ten einde te intimideer deur grootskaalse skade vir die aanloop tot n wettelose staat van anargie by universiteite. Universiteitsowerhede en wetstoepassers het egter nie geswig voor die aanslag nie en nie ingekoop by die EFF “demands” nie. Die aktiviste se wettelose gedrag wat nou goedgepraat word dui daarop dat dit alles tog maar net ook deel was van n bewustelike ANC NDR poging. Die aktiviste sal dus, oor die verloop van tyd, deur politieke toneelspel vrygeskel word en as helde vereer word terwyl dieselfde lot le en wag vir die fees must fall argitek, by name, Zuma.

willie ·

Wel ek het gedink ek het nou al alles gehoor, maar waaragtig hierdie skewe redenasie slaan my tussen die oë!

Theresa B ·

Lekker lag ek nou vir daardie “vaardighede en kennis”……………..
LOL!!!

johannes ·

Ja het my ook verstom met hul wan persepsie van vaardighede en kennis…….
Beslis nie n kenmerk van die studente nie.

Ryan ·

Hoe belaglik… So die miljoene rande se skade was vir ‘n goeie doel? So as ek die naaste sasol afbrand, is dit ook mos vir ‘n goeie doel, omdat hulle nie aandele aan my wil verkoop omdat ek wit is nie.

Eish ·

Territoriale selfbeskikking asb.
Selfs met die oortreffende trap van verdraagsaamheid, kan ek nie saam met diė intellegentsia die verskroeide helhool deel nie.

Snowball ·

Gaan Google gerus die video “Science must fall?” ‘n Mens kan net jou hande saamslaan oor die argumente en die vlak van arrogansie oor dekolonisasie.

Se maar net ·

Hoe kan ons hulle redenasies veroordeel as n ,”intelligente” president se produktiwiteit en voedsel sekerheid sal verhoog as wit boere se plase ontein word. Ek wil al dink dat Zuma al hierdie gemors uitgedink het en die eff gebruik om die land te destabiliseer. Onthou julle sy vrou het ons gewaarsku en gese dat hy gevaarlik is en due land mownie met hom mors nie. Wel as dit hy is het hy wragtig in sy doel geslaag om ons hele lewe om te keer.

John ·

… en raai wat? Zuma gaan hulle kwytskeld… en hulle gaan dit weer doen. Onder die voorbokke is uitlanders wat hier alles-kom-gratis.

Riena ·

Studie kom saam met kolonisasie. As hulle dus aandring op dekolonialisasie beteken dit nie hulle wil gratis studeer nie…. dit beteken hulle wil glad nie studeer nie. Studie inrigtings moet vernietig word, want dit dui op kolonialisasie

Ag asb tog ·

JANEE ons sit in ‘n land waar die POLISIE in die tronk sit omdat hulle mense geskiet het wat hulle aangeval het .. ander polisiemanne sit in die tronk wat dwelmhandelaars geskiet het wat probeer vlug het, nou will hulle nog die polisie tronk toe stuur wat die GEWELDDADIGE BETOGERS In hegtenis geneem het? EK dink julle moet almal 10 jaar tronkstraf uitdien dat julle GROOTWORD. SNAAKS studente mag maar GEWELDDADIG word maar o hel laat enige sekuriteit of wag of polisieman gewelddadig raak dan MOET HY TRONK TOE …

Nonsens ·

AKTIVIS OF GEWELDENAAR wat mense en plekke aan die brand steek en met klippe gooi?

GM ·

Ek het gewonder waarvoor die reflector jackets is, maar noudat ek lees van hoe vêr hul gestap het en dat hul nie kos gehad het nie, nou verstaan ek beter… Ek gaan vir my een aanskaf en byderhand hou vir as ek ‘n motor iewers sien uittrek. Dan kan ek ook sulke edelmoedige togte aanpak.

Stuiwer ·

Hulle het hulle reg om te leer, verbeur, toe hulle begin het met hulle nonsens. Toe was leer mos nie belangrik nie! Hoekom nou skielik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.