ʼn Groep studente-aktiviste van Noordwes het Dinsdag by die Uniegebou in Pretoria aangekom om ʼn memorandum te oorhandig waarin hulle presidensiële kwytskelding versoek vir studente wat agter tralies is of strafregtelike aanklagte te wagte is in verband met die #FeesMustFall-betogings.
Dikago Thebe Pule, ʼn verteenwoordiger van die studente, het uit die memorandum voorgelees waarin die studente sê hul versoek is gegrond op die feit dat die #FeesMustFall-betogings “vir ʼn goeie doel was”.
“Die regering het later hierdie goeie doel bevestig deur die instelling van die eerste fase van gratis onderrig by instansies van hoër onderrig,” het Pule gesê. “Die voortgesette hofsake is tot nadeel van die aktiviste aangesien dit hul studies beïnvloed. Dit het ook ʼn nadelige uitwerking op hul families wat die finansiële las van regskoste moet dra.”
Pule het gesê dit is eintlik die wetstoepassingsbeamptes en kampusveiligheidswagte wat aangekla moet word omdat hulle gewelddadig teenoor studente opgetree het tydens die grootskaalse, landwye betogings vir “gratis, gedekolonialiseerde hoër onderrig”.
Die studente se memorandum lui verder dat hul medestudente ook deur universiteite gestraf word omdat hulle aan hierdie historiese betogings deelgeneem het.
“Ons versoek daarom die president om, deur die ministeriële taakspanne, voorbrand te maak vir alle studente wat geskors is om terug in die stelsel toegelaat te word sodat hulle hul studies kan hervat. Studente in hierdie land is nie misdadigers nie. Hulle is ʼn bron van vaardighede en kennis.”
Die studente se memorandum het ook ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om kwytskelding toe te staan aan die studenteleiers.
“Hierdie reis was so uitputtend. Ons het ons reis Woensdag in die oggend begin en eers vandag in Pretoria aangekom. Ons het nie kos gehad nie en moes baie uitdagings trotseer. Ons het nie ʼn plek gehad om te slaap nie en moes soms op die straat slaap. Die idee om hierdie staptog te doen was om bewusmaking te skep,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Ag shame hoe edel en rein.
Hul families kry swaar weens regskostes. Wat van die skade wat hulle aangebring het. Hulle moes lankal aan die gevolge gedink het. Hulle het verkies om te stap en op sypaadjies te slaap. KRY VIR JULLE. KRY WAT JULLE VERDIEN.
Is dit nou die geboorte van generation #Z?
O Vader , gee my krag… Ek kan nie glo wat ek nou gelees het nie… Ek voel super slim…
Regtig nê!!! What a joke!!!