#FeesMustFall: Zuma besorg oor eskalerende geweld

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Pres. Jacob Zuma het sy ernstige kommer uitgespreek oor die eskalerende geweld in die #FeesMustFall-beweging by universiteite oor die land heen, het die interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid (JCPS) Vrydag gesê.

“Die regering herken die geldigheid van die kwessies wat studente geopper het wat betref toegang tot en die verskaffing van gratis gehalte opleiding. Die JCPS wil egter benadruk dat gewelddadige optrede, intimidasie en die vernietiging van eiendom sal nie geduld word nie,” het die JCPS in ʼn verklaring gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die leierskap van studente, ouers en alle belanghebbendes om saam met die regering te werk om studente te ontmoedig om misdrywe te pleeg wat tot strafregtelike vervolging kan lei wat hul toekoms kan benadeel. Mede-Suid-Afrikaners, die JCPS glo dat die uitdagings wat deur ons samelewing in die gesig gestaar word tydens die #FeesMustFall-betogings, verminder nie ons kollektiewe verantwoordelikheid teenoor die veiligheid van mekaar nie.”

Zuma het Donderdag met die ministers van die JCPS vergader, om die kwessies, wat deur die studente geopper is, aan te roer.

Universiteit-kampusse word geteister deur betogings sedert verlede jaar waar studente steeds gratis hoër onderwys eis. ʼn Aankondiging deur Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, dat studentegelde vir 2017 met ʼn maksimum van 8% sal styg, het betogings weer laat opvlam en studente eis dat daar geen verhogings sal wees nie, totdat die regering gratis hoër onderwys instel.

Lesings is by meeste universiteite opgeskort terwyl die onrus voortduur.

Die JCPS het gesê hy het met die studenteleiers van verskeie universiteite, belanghebbendes in die opleidingsektor en betrokke rolspelers vergader om ʼn oplossing te vind vir die “uitdaging”.

“Die president het sy ernstige kommer uitgespreek oor die eskalerende geweld, vandalisme en ʼn algemene wetteloosheid wat kenmerkend is aan die #FeesMustFall-betogings by universiteite.”

Die JCPS het die polisie versoek om altyd met maksimum selfbeheersing op te tree en seker te maak dat hulle gedrag bo verdenking is. Ons doen ook ʼn beroep op die studente om met wetstoepassers saam te werk om seker te maak dat die betogings vreedsaam is.

Die JCPS het bygevoeg die nasionale polisieleierskap het met provinsiale polisiekommissarisse vergader om planne te versterk om die betogings te beheer en publieke en privaat eiendom, studente en lede van die publiek, te beskerm.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

John ·

Ons president is tans in die land. Hoera! Wanneeer vertrek hy weer en met watter vliegtuig?

Lance ·

Hehe NOU skielik …halloooo bq laat wakkerskrik soos met alles …ag gaan net ASB jy is net n verleentheid en n groot las vir SA in alle opsigte ! Hy het alles gesag en respek verloor en niemand luister as die man praat nie …al wat teageer is die reeds geweste Rand .

Johann ·

Daar gaan nie verdere toegewings van die regering kom nie. Daar sal na middel komende jaar gewag word vir die ondersoek na die moontlikheid en volhoudbaarheid om geldelike verligting te bring. Dit blyk klaar dat die Feesmustfall studente nie insette gaan lewer nie.

Soos met Wits se uitslag van die stemmery die week, wat die SR nie erken nie, want dan voel hulle hul gee geloofwaardigheid aan die proses, dan word hul griewe nie gehoor nie en verdwyn dit in die meerderheid se stemme.

Kan daar nie een ‘aparte’ universiteit aan al die feesmustfall toegedeel word nie? Maar natuurlik sal dit nie werk nie, want regering en die universiteite het die ryker studente nodig om die armes te subsidieer.

Dit is goed en wel dat die regering die universiteite subsidieer, maar tot watter mate moet diegene wat nie grade het of universiteit toe kon gaan nie, ook hul kinders wat uit eie stoom hulle opgewerk het en/of met innovasie ‘n eie besigheid begin het, by wyse van belasting daartoe bydra?

Kan die antwoord wees dat daardie mense ook die voordeel trek deurdat die ekonomie van daardie gegradueerdes afhanklik is, want daarsonder is vooruitgang en vernuwing vir almal gedoem?

Dan vra ek tot watter mate moet geld op ‘n klomp studente spandeer word wat in alle geval nooit daar gehoort het nie, dan mors hulle nog verder ander se kanse ook op en ontneem hulle daardie mense geleenthede om tot die ekonomie toe te tree.

Johann ·

Mens kan verstaan dat die regering en universiteite almal se griewe uit die weg wil ruim, almal saam deelnemend die toekoms in wil neem, maar daar is perke tot watter mate mens die radikale minderheid wil toelaat om die pas te dikteer.

Soos met enige besigheid kan daar nie na elke individu se behoeftes na omgesien word nie, die individu moet aanpas en by daardie instansie se kultuur inval.

Dit is jammer dat sekere universiteite/visie rektore die land, die ekonomie en daardie, by verre in die meerdeheid, studente wat nie destruktief is nie en ‘n betekenisvolle rol in die land se vooruitgang wil speel, in die proses geignoreer het en versaak.

J ·

Thomas Jefferson observed:
“To compel a man [or woman] to furnish contributions of money for the propagation of opinions which he [or she] disbelieves . . . is sinful and tyrannical.”
Ek dink dit som jou mening op.

TA Strydom ·

Die regering moet vasbyt anders gaan hierdie onding gereeld gebeur. Margarite Thatcher na ‘n jaar lange staking deur die mynwerkers hulle nie hulle sin laat kry . China se studente het ook betoog en wou na vele vermanings nie die besette plein ontruim nie. Toe stuur die regering die weermag in. Almal weet seker wat het daar gebeur. Die wêreld het veroordeel maar die studente het die boodskap gekry ( en verstaan )

Katrien ·

Die enigste rede hoekom mnr Zuma bekommerd is oor die studente wat geweld aanblaas is dat hulle in 2019 nie weer vir die ANC sal stem nie

Johanna Botha ·

Wat hy bekommerd ? … dis nou seker n grap …hy is net bekommerd oor sy eie sak . Genade hy is net pateties verby !

CHRISTA ·

Hoekom is Zuma besorgd? Hierdie wettelose optrede was DEKADES LANK die ANC se modus operandi!!!

Mdp ·

Mmmm, hoeveel van ons (in die apartheidsjare) het met universiteitsvrystelling in matriek geslaag, maar kon dit nie bekostig om te gaan studeer nie?!?!?! Diesulkes moes maar die arbeidsleer van onderaf klim, maar die algemene indruk is mos dat ons wit velle ons bevoordeel het! BEE is toe ingestel, met verreikende gevolge! #FEESMUSTFALL gaan dieselfde probleme veroorsaak, want dan is daar niks wat sif deur die wat in elkgeval met ‘n lae slaagpersentasie onderskeidings behaal het in matriek nie! “Too many chiefs, very few indians”?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.