Feesseisoen kan donker wees, sê Eskom

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag ʼn uiteensetting van die stand van sake by Eskom gegee. Foto: Twitter (@Eskom_SA)

Tien van Eskom se kragstasies het tans steenkoolvoorraad vir minder as 20 dae en dit kan die moontlikheid vir beurtkrag vir die res van die jaar verhoog.

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag ʼn uiteensetting van die stand van sake by Eskom gegee. Volgens Hadebe het vyf van die tien kragstasies tans steenkoolvoorraad vir minder as tien dae. Die stasies wat geraak word, is almal in Mpumalanga en is Arnot, Camden, Duvha, Hendrina, Komati, Kriel, Kendal, Majuba, Matla en Tutuka.

Hadebe het verder gesê Eskom het talle uitdagings met die opwekking van elektrisiteit as gevolg van die agteruitgang van steenkoolkragstasies. Van die ander bydraende faktore is ongewenste steenkoolkwaliteit, onlangse stakings, finansiële en kapasiteitsbeperkings wat lei tot minimale opknapping en instandhouding en ʼn gebrek aan beskikbaarheid en opleidingsoordrag van instandhoudingsvaardighede.

Hadebe het egter ʼn nuwe nege-punt-plan bekend gemaak om aandag te gee aan Eskom se grootste operasionele uitdagings. Die plan behels onder meer om foute by nuwe aanlegte reg te maak en foute by kragstasies wat tot die algehele sluiting van eenhede gelei het te herstel. Verder wil Eskom foute wat kragopwekking by van sy kragstasies in die wiele ry herstel.

Volgens Hadebe moet die regte mense met die regte vaardighede in die regte poste aangestel word. Eskom wil ook vir die reënseisoen voorberei en verseker dat sy steenkoolvoorraad aan die vereistes voldoen.

Daar is ook bekend gemaak dat 12 senior bestuurders wat by onreëlmatighede betrek is die kragvoorsiener verlaat het en dat die finalisering van uitstaande dissiplinêre verhore met betrekking tot senior bestuurders versnel word.

Volgens Hadebe is daar al 11 strafregtelike sake geopen waarvan nege bestuurders by vyf van die sake betrek word. Teen die einde van September was daar ‘n totaal van 271 fluitjieblasersondersoeke aan die gang waarvan 68 intussen afgehandel is. Remediërende aksie is geneem teen 25 personeellede wat met Eskom sake doen.

Hadebe het ook gesê Eskom is besig om lewenstyloudits rakende senior bestuurs te doen. Hy het gesê alle onreëlmatige verskafferkontrakte word ondersoek en dat Eskom al R902 miljoen van McKinsey verhaal het, insluitend ʼn bykomende R99 miljoen met betrekking tot rente.

Volgens Hadebe gee Eskom ook tans sy samewerking aan agt regulerende liggame wat belangrike ondersoeke doen in verband met die kragvoorsiener.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Staak saam ·

Alles is altyd n uitdaging, dit lyk meer na n hindernus wat hulle nie kan oorkom nie.

Johann ·

WHARRA WHARRA… ons weet bie wat ons doen nie, het nog nooit, sal nooit wset, te dom astrant im dit te besef OF erken! ANC KADER ONBEVOEGDHEID en ons moet die gevolge dra. DONKER AFRIKA hier kom ons. En om te dink dit was SO anders!!!!!!! ANARGIE TERRORIS LEGACY

benaYaHU ·

@Johann
Ek daag jou uit om ‘n dieper, omvattende etimologiese studie te doen en sodoende vir jouself vas te stel wat die woord “anargie” waarlik beteken.. los egter net enige vooropgestelde opinies by die deur.
Jy (en wie ookal) behoort vriendelik verras te wees..
Shalom!

Koos1 ·

Uit eindelik. Stukkende goed moet reg gemaak word. Gee die persoon wat dit uitgewerk het 2 mij VBS aandele en 100 mij zim dollar.
My aarde Eskom…… DIS JULLE WERK, MAAK REG EN HOU OP VERSKONINGS SOEK EN PLANNE MAAK!!!!

Gert ·

Weereens bewys dat n paar bestuurders super ryk geword het tewyl ESKOM versium het om sy skulde te betaal. Komaan ESKOM word tog wakker uit julle slaap!

Katerina ·

So dit gaan KERSfees wees in elke opsig..oh good grief this country has become such a trainwreck..

Griet ·

@ alle almal wat biki extra geldjies nodig het. Maak kerse v die seisoen en verkoop. Die winkels sali kan voorbly?

Irma ·

Post Zupta, van ‘n steenkool uitvoerder land na ‘n land wat tekorte ondervind. Tragies. Ongelooflik wat gierigheid tot gevolg het.

lewies ·

“11 Strafregtelike aanklagtes. 12 senior, bestuurders . 902 miljoen of meer betrokke. Grondonteiening sonder vergoeding” Oorsaak van verleentheid- “regstellende aksie”. Punt. Apartheid begin stadig maar seker soos ‘n sondagskoolpiekniek lyk. Punt. Gevolgtrekking: Landsburgers bring hierdie sake oor hulleself, deur verkeerde besluite by die stembus Punt.

Jaap ·

Daar is mos nou R900 mil verhaal,so doen julle werk vir n slag en voorsien.
Betaal vir krag ten duurste.

Sê net... ·

Kersfees gaan wees sonder Eskom, sonder SAL, sonder SAUK, sonder Denel, sonder salarisse as die saak so luister…..

PJ ·

Hou maar net dop julle sal sien hoeveel Prestasie bonusse gaan aan die Menere uitgedeel word kan julle dink hoeveel sou hulle gekry het as hulle mislukking bonusse uitgedeel het baie meer as prestasie bonusse

Hannetjie ·

Hoogtyd hierdie ‘sponse’ vasgevat word..en baie vinnig

lewies ·

Maroela M: My kommentaar is nie geplaas nie, omdat dit voortydig is. Dit verstaan ek heelhartig. Dankie

Abe ·

Lewies,
Moenie kla as jou kommentaar nie geplaas word nie. Jy het mos ingestem tot die voorwaardes.

Anton ·

Dit is snaaks . Hy sê die gekwalifiseerde mense in regte poste. Dan is my vraag hy moes al rooi ligte gesien het toe daar w kragstasies aandag nodig het. Dan is die steenkool tekort n verskoning ook hy moes toe daar 4 maande se voorraad is al begin met n aksie plan in werking stel. Wat het reën seisoen is lagwekkend. Steenkool brand langer as dit nat is in die boilers wat die stoom opwek wat op terbunis gebruik word. Die hele storie os om ons gebruikers te laat skrik om maar diee verhoogde krag premies te betaal.

John ·

Betalers van kragrekeninge word maar net weer ingebreek vir die prysverhogings wat volg. Hoekom eers wag tot die steenkool op is of is die Guptas steeds in die prentjie?

Jeremia ·

Gróót salarisse en prestasiebonusse en ander supergróót byvoordele waarvoor?
Geen instandhouding, vrot verskonings, bokkerol beplanning en
die hele Suid-Afrika wat hierdie monopolie moet duld.
Al die gesanik van Eskom, SABC en ander kader vernietigde instellings gaan binnekort oortref word deur hul honger mae wat skreeu as daar nie meer genoeg kosproduksie is nie.
‘Ons’ is mos so lief vir “the good life” met sy partytjies, lekker restaurantetes, oorsese reise met gevolge wat vliegtuie vol sit en blink voertuie.
Hoofkantoor is juis “beroemd” vir sy koeke – soos Swartwoudkoek.
Rojale duur leefstyl en nou sanik hulle dat daar gaan dalk nie elektrisiteit wees nie.
Al gehoor van beplanning? Al gehoor van WERK en KUNDIGHEID?

Ja Nee ·

Eskom het altyd verskonings vir swak bestuur. Al word steenkool gratis by hul voordeur afgelaai sal hulle iets anders kry om te blameer vir hulle lot. REGITIG MOEG OM TE HOOR VAN NOG N STAATSINSTANSIE WAT GERED MOET WORD UIT HUL EIE GESKEPTE ONDERGANG.

Sarel ·

Hoekom maak Eskom sy probleem ons probleem. Die sg. Bestuurders wat bedank het, met hoeveel geld is hulle weg en gaan hulle nou verolging vryspring.

Sus ·

Neee…ek dink die Russe soek die res van hulle beloofde kernkrag geld en is besig om die skroef stywer te draai. Nou moet Eskom die massas oortuig dat ons nie sonder kernkrag kan voortgaan nie. Maklik…..Eskom sit net die krag af en het sodoende die massas aan die kort hare beet en Cyril sign on the dotted line!

Manie ·

Eskom is n wonderlike voorbeeld van hoe BEE op sy beste werk. Daarmee saam n paar Indiërs wat die ANC ore aangesit het en nou rustig afgetree het in Dubai. Dan het jy n resep vir n groot gemors. Hou net in gedagte dat Eskom elke keer as hulle n verhoging soek die soort van propaganda versprei dat daar n tekort aan krag gaan wees

Ongelukkig ·

Dankie Eskom, als julle skuld en als aan julle te danke….

Ralph ·

Mense, kanseleer jul vakansies. Escom en die ANC se plan om gedurende die donker tye jul huise en besittings weg te dra. Stemdag om die draai en die voordele vir hul kiesers.

LV ·

Voor 94 moes ons tot vervelens die bangmaakstorie aanhoor,hoe siek en oud Mandela is en wat sal gebeur as hy in aanhouding sou sterf,nou is Eskom besig om elke week ons te verveel met hul bangmaakstories. Doen jul verdomde werk waarvoor jul ruim vergoed word.

Groenie ·

ESKOM weet omdat hy die monopolie vir kragvoorsiening het, het hy die regering aan die kort hare beet. As hy nie sy sin kry nie, dan dreig hy met beurtkrag.
Hoog tyd dat daardie monopolie gestop word!

Maljan ·

Eskom tree nie op teen krag diewe nie maar verhoog jaarliks die koste van elektriseteit. Laat een en almal betaal. Een eenheid een prys. Of jy R10 koop in Soweto of R1000 in strand.

Lenie ·

Vergeet van Elektroniese Kerspersentjie koop. Koop eerder vir julle KERSE, BLIKKIESKOS, TOILETPAPIER , PETROL en SONKRAG-apparate. :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.