Feesseisoen: Soveel reeds op SA se paaie dood

Minister Blade Nzimande. Foto: @TrafficRTMC/Twitter

Die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie die skoksyfers oor die ongeluksyfer op die land se paaie tot dusver dié feesseisoen bekend gemaak.

Volgens Nzimande is daar tot dusver – halfpad deur die vakansieseisoen – 767 mense op Suid-Afrikaanse paaie dood. In 34 van die noodlottige botsings was minibus-taxi’s en in 44 vragmotors betrokke.

Nzimande oorweeg wetgewing wat dit verpligtend sal maak vir elke minibus om twee bestuurders te hê sodat die een die ander kan aflos.

Tot dusver was 47% van die voertuie in botsings hierdie feeseisoen ligte passasiersvoertuie, 21% was bakkies, 7% was minibus-taxi’s en 5% was vragmotors.

Volgens Nzimande is dit tragies hoe Suid-Afrikaners bestuur, met families wat heeltemal onnodiglik in rou gedompel word omdat mense te vinnig ry, onder die invloed van alkohol bestuur of langs paaie stap, onpadwaardige voertuie bestuur, padtekens ignoreer of bestuur as hulle oormoeg is.

Wat hom bekommer is dat drie spitstye nog voorlê: die eerste môre, die tweede die naweek van 28 Desember en die laaste die naweek van 5 Januarie.

Nzimande het alle hardwerkende wetstoepassers en mediese personeel vir hul diens bedank, hoewel nege korrupte verkeersamptenare onderskeidelik in Underberg (KwaZulu-Natal) en Daveyton (Gauteng) aangekeer is.

Foto: IPSS Medical Rescue

Die minister het motorbestuurders gevra om op te hou om in solidariteit hul ligte te flikker om padgebruikers teen spoedlokvalle en padblokkades te waarsku omdat dit diegene wat ander se lewens in gevaar stel, laat wegkom.

Die meeste ongelukke kom tussen 19:00 en 20:00, en tussen 22:00 en 23:00 voor, aldus Nzimande. Saterdag, Sondag en Maandag is die drie gevaarlikste dae op die pad.

Sedert die begin van Desember was daar 356 padblokkades waar 326 642 boetes uitgeskryf is. ʼn Totaal van 2 837 bestuurders is in hegtenis geneem, waarvan 1 109 vir dronkbestuur. Die hoogste spoed waarteen iemand vasgetrek is sedert die begin van die maand is 228 km/h op die N3 naby Warden in die Vrystaat.

Een derde van die mense wat tot dusver in botsings dood is, was voetgangers.

Die enigste provinsie waar verkeersongevalle tot dusver gedaal het, is Gauteng. Die grootste toename was in die Noord-Kaap, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Tot dusver is die meeste mense in KwaZulu-Natal dood, naamlik 162, gevolg deur Gauteng (125), Limpopo (89), die Oos-Kaap (89), Mpumalanga (82), die Wes-Kaap (81), Vrystaat (78), Noordwes (57) en die Noord-Kaap (24).

Byna driekwart van diegene wat sedert die begin van Desember in padongelukke dood is, was mans, het Nzimande gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan H. ·

Hy oorweeg wetgewing.. nog n dof anc wet… begin by die basics… Bevoegdheid!!!!Verandwoordelikheid!!! Nugterheid!!! Ongelukkig alles einskappe wat die anc chommies nie het nie,

PaulV ·

Spike; kry asseblief end om dieselfde kommentaar oor en oor en oor te plaas by omtrent elke artikel.

MJ Kroezen ·

Twee bestuurders vir n taxi Wat n grap leer hulle eerder wat n sper Streep is of wat aankomende verkeer is

Andrea ·

Presies! Beboet hul wanneer hul nie by die verkeersreëls hou nie!!! Leer hul dissipline. Op die harde manier.

Jan B ·

Mooi so Blade. Hou net al die vragmotors en stadige voertuie ook van die pad af oor vakansie dae soos lank terug en daar sal baie minder ongelukke wees. Mense vat kanse om verby die stadige voertuie te kom.

Chrisjan ·

Waar is die wet wat se hoe vinnig ek MOET ry op ‘n nationale pad?Wys my dit.Daar is slegs wette wat se jy MAG NIE VINNIGER as ‘n sekere spoed ry nie.Net op snelwee is ‘n minimum spoed van 60km/h van krag.
Ek wens die minister van vervoer laat spoed lokvalle elke 10km op alle nationale paaie sit.Dit sal die ongeduldiges in die bek ruk want min van hulle hou by die maksimum spoedperk.Die president wil mos werk skep so hier is een manier.Ek wed enigeen die ongelukke SAL verminder.

Albert ·

Die probleem op die N1 na die Kaap is n toename is nog meer vragmotors agv Transnet se wanbestuur en verder eenvoudig net oral wettelose taxi bestuurders.

Kallie ·

Vragmotors en taxi’s is net in 12 % van ongelukke betrokke.
Hulle blyk dus nie die sondebokke te wees nie.

Shame ·

Weet nie hoekom die 92% nie na hulle self kan kyk nie. Die #Lackadaisical 8% se skuld dat daar padreels is om die 92% se lewe hell te maak. Lost die 92% hulle weet beter want dit is die 8% gewees wat motors, ens hier aan gebring in die eerste plek. Die 92% sou nooit sulke probleme gehad het as dit nie vir die 8% was nie.

Beskuldige ·

Ons almal kyk weg van onsself en sien nie ons padfoute raak nie. Wil so graag die fout by ander soek.
Wat van my foute??? Gesels ek graag oor my selfoon as ek bestuur en ry al stadiger?
Bestuur ek as ek moeg is?
Gun ek die ander bestuurder om my verby te steek???
Eis ek alleen reg op die pod op???
Hou ek gereeld stil om my ledemate te rek en diep asem te haal???
Leef ons en laat ons leef, beleeftheid en vriendelikheid kos mos niks???
Moet ek nog vandag my besteming bereik???
Begin ons vakansie nie daar waar ek my woning verlaat nie???

Gideon ·

Beskuldigde, ek ry nie stadiger wanneer ek my foon gebruik nie. Ek is al mooi geoefen.

Willem ·

Daar kan 6 bestuurders ook in ‘n mini-bus wees. Dit sal geen verskil maak as nie een by basiese reëls bly nie.
Ek mis 1 statistiek. Hoeveel van die ongelukke was nie agv spoed ens nie, maar voetgangers wat net oor die pad loop sonder om te kyk?

Wessel ·

Blade die probleem is dat baie van jou verkeerskonstabels gebribe word maak eers jou eie huis skoon voordat jy belaglike wette maak wonder of albei bestuurders van taxis gevonnis sal word

TX ·

7% is taxis…47% ligte voertuie…maar jul kerm oor die taxis! Netnou ry ek in na die mall toe, seker 90% blankes, en van daai 90%, 80% op hul selfone besig. Julle wat so “taxi” kerm heeltyd, is niks ander as apartheid en van riebeeck kerm nie.

riana ·

Sal altyd meer in Natal wees want die meeste GP mense gaan af Natal toe. Maar ja spoed en voertuie wat nie padvaardig is nie hulle is baie op die pad. taxi’s is die grootste probleem en hulle kom weg met moord. Dink nie aan hulle mense in die Taxi nie. Solank hulle net geld maak is als reg.

Marius ·

Wessel, jy en die korrupte motoris wat die “bribes” gee,is volgens jou en al die ander korrupte motoriste onskuldig?

leser ·

laasjaar was daar 15,000,000 minder “bestuurders” as vanjaar; lw: “”bestuurders”” wat niks van bestuur , reels, ens., of motors af weet nie
“mense” wat oor die landsgrense onwettig ingekom het

ZHARA ·

Leer hulle eerstens wat beteken 1 , 2 , 3 …….. want as maksium pasasiers 16 is druk hulle sommer 31 in.

Wessel ·

TX Jy is nes die regering alles wat verkeerd gaan is apartheid se skuld word wakker want jy word mislei deur die statistieke

Andrea ·

Leer mense dissipline van kleinsaf. Dan behoort hul ook wette te gehoorsaam as hul groot is en agter n voertuig se stuurwiel inskuif.

Elizabeth ·

As di mense ni al die provinsies se skole gelyk tydig oop en sluit datums verander het ni en die versillende profinsies se verkillende termyne gehou het soos dit was sou daar ni so baie ongelukke en voertuie op ons paaie wees nie.

marco polo ·

Maroela, julle syfers vir die tipe voertuie in ongelukke tel net op na 80%. Wat was die ander 20%? Of is dit hoe comrade Lem tel?

Lj ·

Dit wil vir my voorkom dat daar net 2 goed is waaop verkeers personeel konsentreer spoed en dronkbestuur, verder kan jy maak net wat jy wil op die paaie. Byvoorbeeld hoeveel mense is beboet vir verbygaan op sperstreepe, en so kan mens nog baie oortreding noem wat niks aangedoen word nie.

Francois Joubert ·

Gestel 100 mense sterf. Volgens Blade was ‘n derde voetgangers, dus 33. Wat Blade nie se nie is dat onafhanklike studies getoon het dat 75% en op onder die invloed was, dus min afgerond 25 mense. Dit verteenwoordig reeds 25% van die ‘dronk bestuurders’ aangesien die voetgangers skielik bestuurders raak as daar van ‘bestuurders onder die invloed’ gepraat word. As daar dus 40 % (vorige statistieke) bestuurders is wat onder die invloed was ten tye van die ongeluk, is dit wel 15%.

Zurika Louw ·

A Boeing 737 can seat a around 200 passengers, depending on seat layout and plane model. Now imagine the outcry if 4 Boeings had to crash in SA in a space of 18 days……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.