Fetus gevind ná vrou se raaiselagtige dood

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Fetus is Saterdag in ʼn huis in Sandton in Johannesburg gevind, net ʼn dag nadat ʼn vrou se liggaam die vorige dag op dieselfde perseel gevind is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Vrydagaand na die huis in Douglasdale ontbied. Daar het hulle ʼn vrou gevind wat geen tekens van lewe getoon het nie. Sy is op die toneel dood verklaar.

“Vandag is paramedici weer na dieselfde huis ontbied. Lede van die brandweer was ook op die toneel. ʼn Fetus wat toegedraai was in ʼn handdoek is onder ʼn bed in die huis gevind. Daar was niks wat paramedici kon doen nie,” het sy gesê.

Volgens Bodasing is dit nie bekend wat die vrou se dood veroorsaak het nie en sal ʼn nadoodse ondersoek gedoen moet word om dit vas te stel.

Die polisie is Vrydag en Saterdag na die huis ontbied en sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gideon ·

Wat is nou so moeilik om dit uit te werk!! Onwettige aborsie!!

Tania ·

Prosedure moet nog steeds gevolg word en nadoodse ondersoek moet gedoen word, veronderstel nou vir een oomblik daar was dalk ‘n ander oorsaak dan word die betrokke departemente weer gekasty omdat hulle nie hul werk gedoen het nie. Wanneer is die publiek tevrede?

Lynette ·

Sjoe dit is n snaakse storie . Dalk n onwelkome baba . iemand daar waar sy bly sal lig op die onderwerp sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.