Fetus in kliniekyskas glo ná drie dae eers aangemeld

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Die ontdekking van ʼn fetus en nageboorte in die yskas van ʼn Oos-Kaapse kliniek is oënskynlik eers drie dae later by die owerhede aangemeld.

ʼn Senior personeellid by die kliniek het Vrydag vroegaand ʼn oproep van een van die personeellede ontvang dat die fetus in die yskas gevind is. Dit was saam met die nageboorte in plastiek toegedraai en in ʼn yskas geplaas wat gewoonlik gebruik word om nageboortes in te hou.

Sers. Kaya Matola-Mvanyashe, polisiewoordvoerder, sê die verpleër het die vonds Maandagmiddag by die polisie aangemeld.

Volgens Matola-Mvanyashe word slegs personeellede van die kliniek, wat swangerskapstoetse nagaan, in die stoorkamer waar die yskas gehou word, toegelaat.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
miavos

Nie glo nie – dis ‘n feit. Wat ‘n skokkende ontdekking. Hopelik sal die kliniekbestuur verantwoording doen.