Fetus in mieliesak op ashoop gestort

Argieffoto

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting nadat ʼn fetus in ʼn mieliesak in Botshabelo, oos van Bloemfontein, gevind is.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die fetus is Vrydag omstreeks 10:00 op ʼn vullishoop in Botshabelo, Seksie K, gevind.

“ʼn Omstander het op die fetus afgekom en die polisie in kennis gestel. Die polisie het die fetus in ʼn kombers toegedraai in ʼn mieliesak gevind,” het Xuma gesê.

Die Boithuso-polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte. Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

Mense met inligting oor wie moontlik die ma kan wees, word versoek om konst. Moloko Kitime by 082 339 9221 of 051 535 9221 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Uvonka ·

Nee genade, dit raak nou verregaande. Is dit nou ‘n nuwe gier? Dit maak ook nie saak wat die omstandighede is nie, geen mens kan toegelaat word om so gevoelloos op te tree nie.

Inge ·

Ons is besig om in die afgrond in af te gaan. Wat de hel besiel die mense om dit te doen? Kinders, diere, ou mense word verwoes en ons staan met ons hande af gekap. Die mensdom is varke!

Anoniem ·

Dit gebeur nou al hoe meer…Waarom raak jy swanger,,,waarom doen jy die ding as jy weet jy kan swanger raak en jy nie die kindjie wil he nie…Jy gaan teen God se Wil…Barbaars, onopgevoed…moordenaar…noem dit en dit is jy as jy dit doen. Dit wat God geskep het vermoor jy…God huil…………

Theresa B ·

Ek stem Lance. Dit wys maar net weereens die mentaliteit van hierdie spul wat sulke dinge doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.