Fetus in plastiek toegedraai, in asblik weggegooi

Argieffoto van ‘n ongebore baba

Die polisie van Mdantsane in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte nadat ʼn fetus wat enkele dae oud is in ʼn vullishouer by ʼn huis in ʼn woonbuurt in Oos-Londen gevind is.

Volgens ʼn verklaring is die polisie Woensdagoggend vroeg na Dorchester Heights ontbied nadat die fetus deur ʼn boemelaar ontdek is.

“Die ontdekking is na bewering gemaak deur ʼn man wat iets gesoek het om te eet in die vullishouers. Die vullishouers het steeds op die erf gestaan. Hy het die eienaars van die huis toe in kennis gestel van die baba wat in ʼn plastieksak toegedraai en in die houer gegooi is,” lui die verklaring.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Die saak word ondersoek.

Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is ook steeds op soek na ʼn vrou wat glo haar baba in die bosse in Walmer gelaat en toe op die vlug geslaan het.

Volgens berigte het ʼn egpaar ʼn baba hoor huil voordat hulle haar in die bosse gevind het. Sy was in ʼn kombers toegedraai en haar babasak was steeds langs haar. ʼn Voorlopige ondersoek het vasgestel dat die ma se naam op die medikasie in die sak is.

Die baba is tans in ʼn plek van veiligheid. “Alle kinders het die reg om beskerm te word teen geweld, uitbuiting, misbruik en verwaarlosing en om in ʼn veilige omgewing versorg word,” lui ʼn polisieverklaring.

Dié ondersoek duur ook voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

Wat sou die regte spreekvorm wees? Futus is die ongebore nageslag van n soogdier, mense ingesluit.
Ons sê tog nie vir n verwagtende vrou wanneer verwag jy jou fetus nie. Die berig impliseer dus n aborsie?

Marianne ·

Wettig ALLE aborsies, geen ouderdoms beperking, geen vra, geen nadraai.
Die vrouens, jong meisies en kinders, wil nie die ding war in hul is hê nie! HULLE haat hulself en daardie ding.
HELP HULLE ONTSLAE RAAK DAARVAN – VEILIG EN MET SORG.
Geld word op gemors spandeer, gebruik daardie geld om HIERDIE probleem he help,

Chantal ·

Kan nie glo jy se wettig aborsies nie dit is moord en klaar daai hartkloppie is reeds daar nog voor enige iets anders begin groei. Dit is tyd dat ouers ophou slapgat wees en als los vd skool. Skool seks voorligting strek net tot sover dit is na ure n ouer se plig om hulle kinders die res te leer. Dit is ook seksueel aktiewe mense se plig om ekstra voorbehoeding te gebruik. Aborsie is geen opsie nie daar is baie paartjies wat nooit daai eer sal he om hul eie kindertjies te baar nie wat aanneming as opsie sien en goeie ouers sal wees. Wens mense wil ophou aborsie skreeu dit is absoluut 500% nie GOD se wil nie. Ek is ‘n kampvegter teen aborsie en vir aanneming.

maplotter ·

Dis omdat ons land mos hulle definieer as fetusse dat ons die arme kinders, gemaak na God se beeld, so maklik wegsmyt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.