Fetus in plastieksak op ashoop gevind

Argieffoto

ʼn Fetus is Woensdagmiddag laat op ʼn ashoop in Klerksdorp gevind.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die fetus was in ʼn swart plastieksak toegedraai.

“Paramedici en die polisie het ongeveer 18:00 by die toneel opgedaag.”

Volgens Siddall was dit duidelik dat die lewelose fetus al “vir ʼn hele ruk” daar gelê het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AI TOG ·

Liewe hemel wanneer gaan dit einde kry. Nie eers ‘n hond gooi haar kleintjies weg nie.
As jy nie verantwoordlikheid vir ‘n kind wil vat nie moet dan nie saam slaap nie. Genutig dit is so so sad.

Lena ·

Presies, Ai Tog. Saam met die voorreg van intimiteit wat die Skepper vir die huwelik geskep het, gaan die verantwoordelikheid
om vir die kosbare kindjie wat daaruit spruit te sorg. Maar mense loop hulle eie pad…

marous ·

Dit sal ‘n goeie dag wees as Noord Korea se missiele op hierdie land begin reen….

weeswys ·

Die mens maak babatjies dood en gooi babatjies weg, maar God sê: “Kan ‘n vrou haar suigeling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!” – Jesaja 49:15.

Coen ·

Almal is ontsteld oor klein Poppie se dood en verag miskien haar ouers in die hof, maar daar kom ‘n dag dat almal sal weet wie se babas so weggegooi is, en ‘n uur waarin elke pa en ma rekenskap sal moet gee vir die kinders wat hulle verwek en in die lewe gebring het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.