Fetus in vullissak gevind

Argieffoto

Argieffoto

Vullisverwyderingswerkers het Maandagoggend op ʼn fetus in ʼn vullissak in Poortview, in die weste van Johannesburg, afgekom.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die werkers het reeds die sak agterop die vullisvragmotor gelaai, toe hulle die fetus opgemerk het. Paramedici is na die toneel ontbied, maar hulle het gevind die fetus was reeds dood.

Volgens Meiring was die fetus nie ten volle ontwikkel nie, maar is dit wel moontlik dat die baba kon geleef het. Hy is dus nie seker of die fetus doodgebore is nie.

Die polisie is na die toneel ontbied en sal die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SouthernCross Swangeskapkrisissentrum ·

Ai, my hart raak so seer, en een van d kamstige redes dat aborsie wettig gemaak was, is dat sulke dinge nie meer gebeur nie. ń land wat nie respek het vir lewe waar dit begin nie, sal net al hoe meer glad nie respek hê vir Lewe nie.

m ·

Ons leef in n siek samelewing waar lewe niks meer werd is nie en mense so vinnig moor. Ek weet nie hoe leef jy met jou gewete saam as jy ‘n kind so weggooi nie. Daai fetus kon nog geleef het en wat n manier om dood te gaan. Ek sal nooit hierdie siek samelewing kan verstaan nie. Ek oordeel nie, maar regtig daar is darem ‘n korrekte manier om iets te doen.

alida ·

Wat verwag julle van barbaarse optrede wat deur mense gepleeg word. Diere doen dit nie eers nie.

E ·

Ek se weer: vat daai 2 voete wat jy het en stap na die naaste staats kliniek, hospitaal. Geboortebeperking in soveel vorme is verniet, ja verniet! Dus geen verskoning.

Anoniem ·

Wat word van ons wereld…in vandag se lewe word soveel kinders wegegooi omdat ouers onverantwoordelik is.

TREVOR ·

Waarom kan ouerpaar ook nie STELIZE doen nie. Ons doen vir diere. dit is jammer vir die onskuldige kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.