Fetus van 26 weke in asblik aangetref

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Fetus van ongeveer 26 weke is Vrydag in ʼn asblik in Krugersdorp aan die Wes-Rand gevind, het paramedici Saterdag gesê.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici omstreeks 15:15 na Von Brandisstraat ontbied waar hulle die fetus in ʼn beton-asblik aangetref het.

Die fetus was gedeeltelik in ʼn plastieksak toegedraai.

“Die fetus het geen teken van lewe getoon nie,” het Herbst gesê.

Die polisie sowel as die plaaslike metropolisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.