Fetusse in vrieskas: 2 jaar later en nog geen verhoor

Lulama Cabela en haar suster, Babalwa Cabela. Foto: Raahil Sain / ANA

Die twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle talle onwettige aborsies uitgevoer en van 25 fetusse ontslae geraak het, se saak is Dinsdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof uitgestel.

Meer as twee jaar nadat die vroue, Lulama Cabela, ʼn geregistreerde verpleegster, en haar suster en beweerde ontvangsdame, Babalwa Cabela, in hegtenis geneem is, is daar steeds nie ʼn verhoordatum in sig nie.

Die saak is voorheen telkemale uitgestel hangende die uitslag van die polisie se ondersoek. Die ondersoek is nou wel afgehandel, maar die saak moes Dinsdag weer eens uitgestel word aangesien die vroue se prokureur nog nie finansiële instruksies ontvang het nie.

Die vroue is in Februarie 2016 in hegtenis geneem en staan tereg op 25 aanklagte van verberging van geboorte. Die vroue is ná hul inhegtenisneming op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Hul inhegtenisneming het gevolg op ʼn polisie-ondersoek na onwettige aborsies in die Nelson Mandelabaai-gebied. Die staat het nie by ʼn vroeëre hofverskyning die vroue se aansoek om borgtog teengestaan nie en het gesê die aanklagte teen hulle is ʼn skedule 1-oortreding.

ʼn Verklaring van die ondersoekbeampte in die saak het vroeër onthul hoe hy ʼn kliniek in Port Elizabeth se sakesentrum deursoek het en in ʼn vrieskas op rooi sakke met gevriesde fetusse afgekom het. Hy het ook op medisyne, toerusting en dokumentasie wat met aborsies verband hou, beslag gelê.

Die polisie het talle fetusse in die kisvrieskas ontdek, waarvan 25 ten volle ontwikkel was. Die polisie het gesê hulle het ondersoek ingestel nadat hulle klagtes van ʼn hospitaal ontvang het oor pasiënte wat komplikasies ervaar het weens onwettige aborsies.

Volgens die klagstaat het Lulama Cabela as ʼn geregistreerde verpleegster gewerk by ʼn sentrum waar voor- en nageboortesorg aan ma’s en kinders verskaf is.

Die staat beweer sy het die sentrum asook haar huis gebruik om aborsies op vroue uit te voer.

Die twee vroue moet weer op 2 Augustus in die hof verskyn. Teen dié datum moet finansiële instruksies reeds aan hul prokureur verskaf wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Speedguard ·

Ai,Ai,Ai dit is absoluut absurd en treurig , wat gaan aan in ons regs stelsel ?? Wie is die ondersoek beamptes en wie is sy bevelvoerder, sies man dit is ‘n skande!!

Katerina ·

In Die sataniese land is aborsie wettig. Al verskil is Die 2 vroue het dit op so n manier gedoen – Dat die dept van inkomstebelasting seker nie hulle pond vleis vanaf bv kliniek inkomste/salarisse kon kry nie. Ongeregistreerde “untaxable” income..dis maar al waaroor dit gaan. As enigiemand glo dat Hierdie regering regtig kinders, gebore en ongebore, se belange op die hart dra,wil ek vir daai persoon se: “Die Eiffel toring behoort eintlik aan My en ek soek n koper, at a reasonable price too”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.