Fetusse naby verlate mediese praktyk gevind

stetoskoopDie polisie in KwaZulu-Natal stel ondersoek in nadat fetusse in mediese bergingshouers in Mariannhill naby Pinetown gevind is.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die fetusse is in ʼn oop area naby ʼn verlate mediese praktyk gevind.

Naicker het gesê die dokter is onlangs dood en volgens inwoners het hulle opgemerk dat iemand onlangs die perseel skoongemaak het. Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel fetusse gevind is nie.

Die SAUK het berig daar is drie fetusse gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Aborsies is daar gedoen, erger as diere, n sleg hondteef gooi nie eens haar kleintjies weg nie,

Theresa ·

Geld, geld, geld, geld, geld, geld, geld, geld, geld……………………………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.