‘Fica-wet wil ANC bankrot maak’

Mzwanele Jimmy Manyi. Foto: GCIS

Mzwanele Jimmy Manyi. Foto: GCIS

Mzwanele (Jimmy) Manyi, president van die Progressive Professionals Forum (PPF), het Woensdag gesê die Wysigingswetsontwerp op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica) is ’n komplot om die ANC “so bankrot soos die hel te maak” voor die nasionale verkiesing in 2019.

Manyi het die parlement se staande komitee oor finansies toegespreek oor dié teen-geldwassery-wetsontwerp en het gesê die wet sal gebruik word om ANC-skenkers te verneder en op die swartlys te plaas sodat die ANC bankrot kan raak. “Ons gaan ʼn situasie hê waar almal besmet word hierdeur. Dit is ʼn gevaarlike stuk wetgewing,” het hy gesê.

Manyi het hierdie uitsprake gemaak nadat senior prokureurs, wat deur die parlement en die nasionale tesourie opdrag gegee is om hul regsmening oor die wetsontwerp te gee, aangevoer het pres. Jacob Zuma se weiering om die wetsontwerp te onderteken uit vrees dat dit ongrondwetlik is, is ongegrond.

Die wet is ʼn poging om geldwassery te bekamp en sal banke verplig om die finansiële sake van prominente mense te fynkam. Die wet maak onder meer voorsiening vir soektogte sonder ʼn lasbrief, ʼn aspek wat Zuma meen moontlik op onregverdige wyse mense se reg op privaatheid kan skend.

Die DA se David Maynier het Manyi Woensdag reguit gevra of hy met die omstrede Gupta-familie vergader het voordat hy Zuma oor die saak genader het. Manyi is bekend daarvoor dat hy gereeld die Gupta-familie in die openbaar verdedig. Manyi het geantwoord hy het nie met die Guptas gepraat nie en het gesê hy voel “mishandel” deur die vraag.

Floyd Shivambu, die EFF se adjunkleier, het gesê daar is druk op Zuma geplaas om die wetsontwerp te keer, aangesien die ANC-meerderheid in die parlement die wetsontwerp goedgekeur het. Volgens Shivambu het Zuma “sy opdragte elders gekry” dat die wetsontwerp aan die parlement teruggestuur moet word om hersien te word.

Zuma het die wetsontwerp teruggestuur ses maande nadat die nasionale vergadering dit in Mei goedgekeur het. Kritici meen Zuma se weiering om die wetsontwerp te onderteken is ʼn poging om homself en sy noue kring van kontakpersone te beskerm teen ondersoeke van finansiële owerhede.

Die Nasionale Tesourie het gewaarsku dat die versuim om die wetsontwerp in die wet op te neem daartoe sal lei dat Suid-Afrika deur die Financial Action Task Force (FATF) berispe word tydens die liggaam se volgende vergadering in Februarie. Die tesourie het die komitee gevra om die hersiening van die wetsontwerp so vinnig moontlik af te handel om dit te vermy.

Adv. Jeremy Gauntlett QC het gesê Zuma se beswaar teen die klousule oor soektogte sonder lasbriewe is ongegrond en hy het voorgestel dat LP’s óf die wetsontwerp los soos dit is, óf die taalgebruik “orden” om die beperkings op sulke soektogte nog duideliker te maak.

Ishmael Semenya, wat ook gevra is om die parlement ʼn onafhanklike regsmening te gee, het dieselfde siening as Gauntlett gehad en gesê die nasionale vergadering is heeltemal daarop geregtig om die wetsontwerp te los soos dit tans is. Semenya het aangevoer die regspraak waarop Zuma sy besware grond, is nie relevant nie.

Hy het ook met die senior parlementêre regsadviseur, Frank Jenkins, saamgestem dat die hoogste hof in die land in elk geval soektogte sonder lasbriewe toelaat in eng gedefinieerde omstandighede.

In hierdie geval laat die wetsontwerp toe dat inspekteurs van die Finansiële Intelligensiesentrum soektogte mag uitvoer sonder om te wag vir uitreiking van ʼn lasbrief indien die vertraging om vir ʼn lasbrief te wag die doel van die soektog in die wiele kan ry en indien hulle oortuig is dat ʼn hof beslis ʼn soektoglasbrief in die spesifieke geval sou uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johanna Botha ·

Fica en rica is net vir eerlike mense ….geen wonder dit werk nie vir die anc nie

Francois le Cochon ·

Die ANC is alreeds moreel bankrtot, ‘n Verdere finansiele bankrotskop sal dus nie veel van ‘n verskil maak nie.

Koos1 ·

Francios, nee dit sal ‘n groot verskil maak. Geld is die spil waarom die ANC van vandag draai. Daar sal ook nie meer geld wees on politieke partye te verdeel voor verkiesings nie.

Maar waar het julle al ooit gesien Zuma doen iets om die land te bevoordeel.
Ek glo dat alles wat hy doen begin met ‘n vraag: Wat is daarin vir my en my vriende en familie!

Jakalas ·

Julle bankrot a.g.v al die mense wat gevang word met hulle hande in die koekkie blik. Dis nie FICA wat julle bankrot maak nie. Dis julle eie leiers.

Kobus 4e ·

So bankrot soos die hel… met die ANC in die rondte….., neeee ek glo nie. Die hel is skatryk, van al die korrupsie, moord, en en en….ensovoorts van die African Nations Cancer

cor ·

Hoekom sal jy nou teen die wet skreeu as jy niks het om weg te steek nie. In elk geval soos Johan Botha se die tipe wette is net vir die eerlike persoon. Kyk maar die sogenaamde Rica wet enige persoon kan ‘ sim kaart by ‘n spasa shop of by buitelandse burgers koop sonder om bewys van verblyf of enige ander bewys te lewer en die owerhede doen niks daaraan nie , wonder vir wie is hulle bang.

snipes ·

Rica en FICA is om witmense se adresse vas te stel en om die hel uit hulle te irriteer met al die toustanery want jy moet eers FICA om te rika. dan fika as jy bank toe gaan. verkeersboete betaal, verkeerstransaksie of banktransaksie doen. eersdaags seker ook fika om toilet toe te gaan. sommer net n pot snert.

AL ·

Benoude katte maak benoude spronge! Behalwe dat hul inherent korrup is en vir hul paaltjies keer, het die ANC blykbaar nie baie geld nie – hul invloed raak minder dis die wat die skenkings ook minder raak.

Alida ·

Mnr Maynier asb roer hulle. Hulle kan nie so aangaan nie miljoene mense ly skade.

Nita ·

Dis omdat die ANC gedurig met duister dinge besig is. Jan Alleman kan nie bankrekeninge links en regs oopmaak sonder om die munisipale rekening voor te le nie. Bewys waar jy woon en waar jy jou inkomste vandaan kry.

Alida ·

Ag man hulle doen net wat hulle wil. Dit is tyd dat die oposisie partye inspring en hulle vasvat.

Annie ·

Tyd dat DA al die deure vir hulle korupsie toe maak. Ons val almal onder die reels … dan kan hulle ook

Jane ·

Nou hoekom moet ons eerlike blikskottels dit dan doen? As dit nie vir julle geld nie, hoekom moet dit vir ons geld? Beteken net een ding .. JULLE HET IETS OM WEG TE STEEK!! Laat ons sien vanwaar kry julle al die miljoene vir julle verkiesingsveldtogte en luukshede, dit is nou die geld wat julle nie van die belastingbetaler verhaal/vermors nie.

miv ·

Kobus 4e, tog te skerp, ek verkneukel my in jou African National Cancer. Jy slaan die spyker op die kop. Ek bid dat Zuma die wetgewing sal teken. Die skelms sal moet uitkyk vir ‘n eerlike joppie.

Fritz ·

Niks gan ons president en die anc stop om korrup te wees en nog te steel nie

lw ·

Hul sal n baie duur beeldpoetser moet aanskaf na dese. Hul aansien taan orals.

Anoniem ·

Mister Manyi, as jy sê die ANC gaan minder fondse ontvang as hierdie nuwe wet goedgekeur word, erken jy mos indirek dat die ANC konkel?

w ·

Mense wie nix het om weg te steek ni is ni bang vi oopvlekking en ondersuke. Net skelms sal wees?

Soekie ·

Ja, want dan weet jy, kan julle nie meer so vrylik steel nie, nê???

Cherokee ·

As dit dan nog nie wet is nie, waarom irriteer die banke my met Fica en Rica?

Noxthefox ·

Jimmy hoekom net die cANCer. IS HULLE ALLEEN STOUT. VRA MAAR NET.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.