Fidelity waarsku teen jongste roofslenter

Die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT sê inwoners van die Centurion-omgewing moet op hul hoede wees en hulself staal vir misdadigers wat op die uitkyk is vir sagte teikens.

Lyttelton, Rooihuiskraal en Doringkloof het die afgelope naweek onder misdaad deurgeloop.

Superfietse ter waarde van R150 000 elk is in dié omgewing gesteel.

Charnel Hattingh, kommunikasie- en bemarkingshoof, sê die grootste kopseer waarmee hulle sit, is dat die superfiets nie ’n volgtoestel het nie.

“Ons wil inwoners aanmoedig om doodseker te maak alarmstelsels buite die huis is geaktiveer. Skurke is geneig om jou bewegings te volg en kan sien wanneer alarms nie geaktiveer is nie.”

Volgens Hattingh gebeur voorvalle in ’n oogwink.

“Misdaad is die meeste van die tyd opportunisties van aard, maar dit beteken nie dat jy niks kan doen om te keer dat boewe die geleentheid kry om jou te besteel nie.”

Hier is ʼn paar wenke om misdaad te vermy:

  • Wees bedag wanneer jy in die gebied ry. As jy vermoed jy word gevolg, moenie by jou oprit indraai nie – ry eerder na die naaste polisiestasie, sekuriteitshek of ʼn bedrywige plek. Maak eers jou hek oop wanneer jy seker is dit is veilig en wag totdat die hek toe is voor jy ry.”
  • Sluit alle deure wanneer jy die huis verlaat, al is die huis in ʼn kompleks geleë. Selfs wanneer mense tuis is, moet motorhekke en traliehekke gesluit wees om toegang vir rowers te bemoeilik.
  • Motoreienaars moet verseker dat alarms en opsporingstoestelle werk. Enige bykomende veiligheidsmaatreëls soos rathefboomslotte moet ook gebruik word.
  • Hou sleutels buite sig en buite bereik.

Hattingh sê dit is ook slim om sekuriteitsligte om die huis aan te bring, wat deur die nag brand of wat met bewegingsensors werk.

“Moet liefs nie gereedskap in jou erf laat rondlê nie. Bêre dit op ʼn veilige plek sodra jy daarmee klaar is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda ·

Hulle laat opsporings toestelle ontkoppel word of ry met jou rond sodat jy tracker kan kan laat weet alles is ok. So hoe nou.

Vlekkie ·

Vergeet almal dan nou dat 10+ jaarcterug is ADT ontbloot deur Carte Blanche as die maatskappy met die meeste sindikaatlede?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.