Fiësta-benoemings bekendgemaak

Dawid Minnaar saam met Bettie Kemp in “Mirakel”. (Foto: Hans van der Veen/Verskaf)

Dawid Minnaar, Frank Opperman, Bettie Kemp, Antoinette Kellerman, Shimmy Isaacs en Lee-Ann van Rooi is net ʼn handjievol van die gesoute akteurs wat vir die 14de jaarlikse kykNET Fiësta-toekennings benoem is.

Die benoemings is Vrydag bekendgemaak.

Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – die Suidoosterfees, KKNK, Innibos, die Vrystaat Kunstefees, die Toyota US Woordfees en die Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was, het vermaaklikheidskunstenaars weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is.

Die wenners word op 7 Maart 2024 by The Lookout in Kaapstad aangekondig. Die geleentheid is slegs vir benoemdes en ander rolspelers, en word nie regstreeks uitgesaai nie. Daar sal wel insetsels vir verskeie programme verfilm word.

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was.

Volgens Robyn van der Rheede, sameroeper van die paneel, was 2023 die eerste jaar sedert die pandemie wat al ses feeste weer in hulle volle glorie kon voortgaan. “Hoë gehalte werk het gehore na hulle asems laat snak. Die Fiëstas-paneel wil graag die feeste en kunstenaars gelukwens met ʼn suksesvolle feesjaar.”

Hier is ʼn volledige lys van benoemings:

Beste akteur

Dawid Minnaar – Mirakel

Dean Balie – Ver in die wêreld, Kittie

Eldon van der Merwe – Fietsry vir dommies

Frank Opperman – Reünie

Beste aktrise

Amalia Uys – Mirre en aalwyn

Antoinette Kellermann – Teen wil en dank

Lee-Ann van Rooi – The woman who fed the dogs

Shimmy Isaacs – Gin my die genade

Beste manlike byspeler

André Roothman – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Eben Genis – Mirakel

Geon Nel – Mooiplaas

Wilhelm van der Walt – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Beste vroulike byspeler

Antoinette Kellermann – Goed wat wag om te gebeur

Bettie Kemp – Mirakel

Daneel van der Walt – Mirre en aalwyn

Jill Levenberg – Droomwerk

Beste regie

Jaco Bouwer – Die vegetariër

Marthinus Basson – Mirakel

Nico Scheepers – Braam en die engel

Neil Coppen, Craig Leo en Tiffany Saterdacht – Droomkraan-kronieke

Beste teaterontwerp

Jaco Bouwer – Die vegetariër

Nico Scheepers en Nell van der Merwe – Braam en die engel

Neil Coppen en Craig Leo – Droomkraan-kronieke

Wolf Britz – Tuis, ek’s liefie

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, verwerking of vertaling

Antjie Krog, Nunke Khadimo en verskeie digters – Met woorde soos kerse

Dana Snyman – Reünie

Marthinus Basson – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Tiffany Saterdacht, Neil Coppen, Carlo Daniels en inwoners van Oudtshoorn – Droomkraan-kronieke

Lynthia Julius & Veronique Jepthas – My kroon se krank

Beste oorspronklike musiek

Graeme Lees – Classical Calabash

Loki Rothman & Nataniël – Ring van vuur

Mbuso Ndlovu – Echoes of Heritage

Melissa van der Spuy – House of Rhythm

Beste prestasie in klassieke musiek

Erik Dippenaar en Ralitza Macheva – Variations

Megan-Geoffrey Prins, Suzanne Martens en Peter Martens – Harmony of Serenity: Arvo Pärt’s Musical Meditations

Jacobus de Jager, Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins – Rachmaninoff’s 150th Birthday Bash

Beste prestasie in visuele kuns

Carin Bester – She had a name 365

Dineke van der Walt – Kurator: Hide & Seek: Reimagined Histories

Liza Grobler – Inkommers, laatkommers en laatlammers

Tafadza Tega – Chisi Hachieri Musi Wacharimwa: A seed will take its time to grow

Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug of podium

Innibos kykNET-konsert

Anders/Eenders

Classical Calabash

Echoes of Heritage

Beste musiekgedrewe produksie: Teater

Amanda Strydom – Amber/Ombré

David Kramer – Ver in die wêreld, Kittie

Ensemble – Met woorde soos kerse

Nataniël – Ring van vuur

Beste opkomende kunstenaar

Gift Wamala – Heterogene Homo Sapiens

Esmé Marthinus – Stof

Kerscha Titus – Jantjies and the Pearls

Van der Aven – Uit volle Bosch

Beste feesproduksie

Braam en die engel – Momentum Beleggings Aardklop

Die vegetariër – Toyota US Woordfees

Droomkraan-kronieke – KKNK

Echoes of Heritage – Vrystaat Kunstefees

Beste ensemble

Anders/Eenders

Braam en die engel

Echoes of Heritage

Droomkraan-kronieke

Mirakel

Beste kinder- of opvoedkundige produksie

Braam en die engel – Regisseur: Nico Scheepers

Liewe Heksie vang vis – Margit Meyer-Rödenbeck

Hans Haas sê hallo! – Regisseur: Alexander Steyn

Stars – linkwenkwezi – Sterre – Regisseur: Amelda Brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.