Fietse van R1 miljoen gesteel

Fietse ter waarde van R1 miljoen is op ’n gasteplaas in die Paarl in die Wes-Kaap gesteel. (Foto: SAPS)

Twaalf fietse ter waarde van R1 miljoen is tussen Woensdag en Donderdag op ’n gasteplaas in die Paarl in die Wes-Kaap gesteel.

’n Fietsrygroep van Mauritius wat aan die Kaapstad-fietstoer deelgeneem het, het by dié gasteplaas tuisgegaan voordat hulle sou vertrek om aan die Afrika-fietswedren in Egipte deel te neem.

Luidens berigte op sosiale media is Kim le Court, wenner van dié fietswedren, glo een van dié wie se fietse gesteel is.

Die Wes-Kaapse polisie versoek nou die hulp van lede van die publiek om met inligting oor die diefstal vorendag te kom en op die uitkyk vir die gesteelde fietse te wees.

“Enigiemand met inligting word vriendelik versoek om die Paarl-polisie by 021 807 4009 te bel.”

Africa Rising Cycling het ook op sy Twitter-profiel hulp versoek.

“Wees op die uitkyk, versprei die woord sodat ons ons spanmaats kan help,” lui die inskrywing.

Fietse ter waarde van R1 miljoen is op ’n gasteplaas in die Paarl in die Wes-Kaap gesteel. (Foto: SAPS)

Fietse ter waarde van R1 miljoen is op ’n gasteplaas in die Paarl in die Wes-Kaap gesteel. (Foto: SAPS)

Fietse ter waarde van R1 miljoen is op ’n gasteplaas in die Paarl in die Wes-Kaap gesteel. (Foto: SAPS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Welkom in afrika. Het julle gedink suid – afrika is veilig en sonder misdaad ?

Lubbe ·

As ek sulke duur fietse gehad het sou ek dit verseker langs my laat slaap het as ek Afrika besoek.

Sarel ·

Bevestig SA se Reputasie…aan ander kant was Sekuriteit
deur eienaars en Bestuur van Gasteplaas nue goed genoeg nie. Die Bestuur behoort bewys te wees van SA se misdaad probleem. Vwas voorsorg en beveiliging
voldoende.?? Wie het almal geweet van die Fietse .
Lede was seker lankal dop gehou..

Stephen Dark ·

is daar nie sekuriteit kameras nie, maar ek is seker die fietse is al verkoor vir n appel en n ui.
Dit wys al klaar dat mens nie jou daaglikse roetine op die web moet sit nie. Sit ook so min as moontlike foto’s op die web van jouself of jou besittings.
Sterkte, ek hoop julle kry die fietse terug en die skelms sit n ruk in die tronk. Dit sal ongelooflik wees, as hul geborgde fietse kan kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.