Fietser wat trefslag oorleef, nou tuis

Jéan du Preez is onlangs uit die hospitaal ontslaan. (Foto: Verskaf)

Jéan du Preez (60), die fietsryer wat die ongeluk oorleef het waarin ʼn sportnutsvoertuig hom en André Piehl (51) in Januarie getref het, is ná weke uit die hospitaal ontslaan.

Sy seun, Simeon, sê sy pa sterk tans tuis aan waar hy onder meer van sy veloorplantingsoperasies herstel. Du Preez en sy vrou, Illinda, woon in Lanseria.

“Hy loop met krukke en ʼn voetstut (“moon boot”) en hy wag vir die veloorplantings om gesond te word.

“Ons is verlig en bly dat hy dit gemaak het. Dit is ook baie makliker dat ons nie ure lank Milpark-hospitaal toe hoef te ry nie,” het Simeon Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Jéan du Preez (middel) saam met lede van die publiek en -fietsrygemeenskap by die #Cyclistslivesmatter-geleentheid. (Foto: Verskaf)

Du Preez het veelvuldige beserings in die voorval op die R512 naby Lanseria opgedoen en was langer as ’n maand in die hospitaal. Hy het onder meer ʼn gebreekte skeen- en kuitbeen, gebreekte ribbes en ʼn gekraakte werwel. Een van sy longe het ná die voorval platgeval en hy het ook verskeie vleeswonde aan sy arms en bene. Hy was ook lank aan ʼn ventilator gekoppel.

Piehl is in die voorval dood.

Du Preez het Saterdag saam met lede van die publiek en fietsrygemeenskap by die Valverde Eco-hotel in Muldersdrift byeengekom om hulde aan Piehl en ander fietsryers wat hul lewens op die pad verloor het te bring. Dié #Cyclistslivesmatter-geleentheid, is die begin van ʼn veldtog om bewusmaking oor die belang van fietsryers se lewens te kweek.

Kabelo Nyatlo (30), die bestuurder van die Porsche Cayenne wat Piehl en Du Preez glo getref het, sal op 18 Mei weer in die Randburg-landdroshof verskyn.

Hy het op 7 Februarie vir die eerste keer in dié hof verskyn waar hy op waarskuwing vrygelaat is. Nyatlo word van strafbare manslag asook dronk- en roekelose bestuur aangekla. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ES ·

Met ‘n waarskuwing vrygelaat? Hy het iemand se dood veroorsaak – hy is ‘n moordenaar!

Casper ·

Jy is slegs ‘n moordenaars as jy iemand met voorbedagte rade sy lewe ontneem.Strafbare manskag is nie met voorbedagte rade moord nie.Kry jou feite reg as jy nie ‘n seviele eis in die gesig wil staar nie.

Marcello ·

Sê ek ook, ek moes nou 2 keer lees, om te sien of ek reg gelees het.

SlinkseKoljander ·

so sy BEE status gee hom onmiddelik vrylaating vir moord??
Die is belaglik hoe rasisme in Suid Afrika besig is om wit mense uit te moor onder die ANC regering.

Roebs ·

“Kabelo Nyatlo (30), die bestuurder van die Porsche Cayenne wat Piehl en Du Preez glo getref het, sal op 18 Mei weer in die Randburg-landdroshof verskyn.” “n Waarskuwing regtig hy moet tronk toe ongeag wie en wat hy is. Ons land moet wakker skrik en besef niemand is beter as die regstelsel nie, wat vir een geld moed vir almal geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.