Fietsrit eindig in tragedie vir seun (10)

'n Skermskoot in die video waar die kragkabel getoets word. Die skakel na die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot in die video waar die kragkabel getoets word. Die skakel na die video volg onderaan die berig.

Jaden Landsberg (10), ʼn leerder aan Laerskool Lydenburg, is Vrydag dood toe hy in dié Mpumalanga-dorp gaan fietsry het.

Die Steelburger/Lydenburg News-gemeenskapskoerant berig Jaden het Vrydag saam met maatjies gaan fietsry toe hy glo doodgeskok is toe hy deur ʼn groot poel water gery het waarin ʼn ontblote gelaaide kragkabel gelê het.

Die voorval het op die hoek van Rivier- en Lombaardstraat plaasgevind.

Volgens ooggetuies het Jaden se maatjies hom uit die water probeer haal, maar hulle kon nie daarin slaag nie, want “die water het hulle geskok”.

Beamptes van Phoenix Security was omstreeks 17:00 op die toneel en het saam met ʼn inwoner, Tiaan Erasmus, dadelik noodhulp begin toepas terwyl hy na ʼn plaaslike mediese sentrum geneem is. Dokters het onverpoos sy lewe probeer red, maar hy is by die sentrum dood verklaar.

Die Phoenix-veiligheidsbeamptes en elektrisiëns van die Thaba Chweu-munisipaliteit is terug na die toneel waar die munisipaliteit se elektrisiëns glo bevind het dat die kragdraad nie gelaai was nie.

ʼn Private elektrisiën is ontbied om ʼn tweede mening te gee. Hy kon, op video, vasstel dat die 230 volt-kabel wel gelaai, oftewel “lewendig” was.

Die video is aan Steelburger/Lydenburg News, wat deel is van die Laevelder-groep, verskaf. Kyk die video hier.

Bron: Steelburger/Lydenburg News

OPVOLG: [Video] Gemeenskap rou ná seun op fiets doodskok

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hartseer? ·

Dis so hartseer, en so onnoodig. Ouers wat nou deur soveel seer moet gaan. My hart gaan vir hulle

Jdv ·

Ag dis so hartseer!!!! My seun is nou 5 mnd weg en dis loutere hel. Ek is n groot uitgevrete man maar ek is geknak!!! Hoekom gebeur dit ??? Hoe meer ons vra hoe meer word gevat! My hart is met jou ma, mooi woorde help nie. Ek as pa is jammer maar ek is te rou om jou te vertroos met valse woorde en aanhalings. Baie sterkte voorentoe! ?

MissDemeanor ·

Jvd. Ek hoop ek hoef nooit in jou skoene te staan nie! Ek is jammer elke keer as ek hoor van ‘n ouer se verlies, en bly dat dit nie ek is nie. Ek weet jy dink die woorde is leeg, maar werklikwaar, as mense vir jou laat weet “sterkte ons dink aan jou”, weet ons dit help jou nie beter voel nie, ons is maar net dankbaar dit is nie ons nie. Ek weet ek sal ook breek, ek weet net nie hoe seer dit sal wees nie. Maar hou moed en hou aan, want daar is mense wat jou nodig het.

Net ek. ·

Jvd hul se dis makliker vir n kind om n ouers tw verloor as anders om, ekt so stukkie van jou hartseer gehad toe my dogter van 17 vermis geraak het, (amper ingetrek by n human traffic netwerk) moes saps inkry, en pink ladies, het die ergste verwag, kan aan niemand die gevoel verduidelik nie, ek dank vandag ons Vader dat ek haar terug het, en pas haar soos goud op, ekt nie regtig n woord van vertroosting nie, want dit gaan nie help nie, al voorstel wat ek kan maak is om die boek te lees van William. P. Young The shack ek hoop jy kry antwoorde daarin. Sterkte.

Alet ·

Jvd ek verstaan presies hoe jy voel. My seun is al amper 5 jaar weg en die seer klou soos ‘n neet aan jou hart. Ek kan ook geen troos woorde aan hierdie ouers gee nie behalwe om te se ons is baie wat verstaan en hou jul in my hart.

wilma ·

En mun probeer keer vi hul wickets. Hu dom dink hul is di mense. Ammal heti net een brein sel ni. Dankie vi tweede opinie. Strongs vi gesin van seun

Loeis ·

Presies! Duidelik het die minuspaliteit se elektrise mense gelieg en moet hulle ondersoek word word vir manslag! Maar dit gaan nie die kind terugbring nie.

Drieks ·

Dis al wat elke dag vir 22 jaar op die Anc se CV by kom. Hoe maak ons vrede met wat in ons woongebiede elke dag gebeur.

Landi Maree ·

En dan kom di ANC en munisipaliteite wev daarmee. Hulle mag mos
So jammer vir di gesin

AL ·

N jong belowende kind het sy lewe verloor agv nalatigheid! Sterkte aan die ouers in hul smart!

Vivian ·

My hart gaan uit na sy familie. RIV Jayden. Mag jul ervaar God se liefde deur die tyd.

Hetta ·

Bitter hartseer.Rus in vrede liewe Jayden ons gaan jou vriendelike gesiggie mis.

Wanda ·

Ek het self in Lydenburg gebly. Daardie sogenaamde munisipaliteit is ñ grap. Hulle voel absoluut niks vir Lydenburg en sy mense nie. Hulle hou net hul eie sakke vol en hulle eie water en ligte aan. Ek hou hulle direk verantwoordelik vir die onskuldige seuntjie se dood. Mag God die familie vertroos in hierdie baie hartseer tyd.

Johanna Botha ·

Wat maak ontblote kapels op die grond …maak n saak van nalatigheid asb teen die anc beheerde raad !

ANC bloed ·

Nog bloed op die hande van die onmesnlike viEselike ANC. Mag hulle vinnig en hard val

MissDemeanor ·

Jis dis verdomp “messed up”. Absoluut tragies. Ek hoop daardie familie het ‘n goeie prokureer/ advokaat en dat bul daardie dorp se elektrisien/ stadsraad sue vir alles wat hul het. Ek weet dit sal nooit hul kind terugbring nie. Maar die regering en hul amptenare moet begin leer van “accountability “.

Suretha ·

Die burgemeester, munisipale bestuurder en kie moet in hul persoonlike hoedanigheid aangekla word vir strafbare manslag. Dis te maklik vir die mun om met belastinggeld skadevergoeding te betaal. Hulle moet tronk toe gaan vir wat hulle gedoen het!

Gerhard ·

Gaan lees die wet op van elektrisieteit of kry n prokereur die muniesepaleteit is verandwoordlik vir dit en die een wat die kabel daar gelos het kan aan gekla word van man slag . Die feit is n mens is doel bewustellik dood gemaak .

Theresa ·

Dis n groot verlies. Baie sterkte aan die familie. Ja ek stem saam almal dat hierdie stadsraad moet opdok. My seuns het verlede week ook kables op die grond gekry wat net gelos is. Hierdie mense het geen idee waarmee hulle besig is nie.
So jonk en onskuldig word n kind weg geneem van sy familie. Dis bitter hartseer

LS ·

Vreeslik jammer vir die ouers en familie, dit is baie hartseer !!! OOK aan almal wat al dieseselfde pad geloop het en loop. Mag die Here saam met julle loop, elke tree julle hande styf vashou !
Rus in vrede Jaden !!!

Jan maak n plan ·

Dit is duidelik soos daglig dat die munisipale elektrisien nie n idee het hoe elektrisiteit werk nie. Alhoewel dit nie hulle kind sal terug bring of die seer sal weg vat nie,moet die ouers die munisipaliteit dagvaar vir alles wat hulle het.
Sterkte aan die ouers en familie, God sal julle dra deur hierdie donker tyd.

Snip ·

Dis baie goed daar die elektrisien `n tweede opinie gegee het en video gemaak het, want die ongeluk sou net weer onder `n mat in gevee geword het en niemand verantwoordelikheid gevat het nie. My hart breek vir sy ouers. Mag God julle dra in die hartseer tyd. Baie sterkte.

J J Kriek ·

Is die Inspekteur van Masjienerie van die insident in kennisgestel in terme van die OHSAct ?
Is die polisie van die insident ingelig en ‘n formele klag van moord aanhanging gemaak ?

Liza ·

Ai hoekom gebeur se dinge, somtyds kan ek nie verstaan nie, hoeveel mammas en pappas moet deur hierdie hel gaan, ek is nog na 11 jaar steeds rou oor my dogter wat van ons af weggeneem is, jy kom nie daar oor nie….
Jdv ek weet waardeur jy gaan, dis hel glo my….. sterkte vir jou en vir elkeen wat al ‘n kind afgestaan het, aan die familie en ouers van Jayden sterkte ek sal julle almal in my gebede opdra, rus saggies by Liewe Jesus Jayden…..

Marius ·

Ek hoop hulle word aangekla vir moord en die company wat verantwoordelik is word gedagvaar. Daai ouers verdien dit nie.

Anne coetzer ·

Sue die staat. Dit gaan nie julle kind terugbring nie. Maar die lakse optredrle van munisipale werkers het al menige onskuldiges se dood veroorsaak en hulle kom daarmee weg keer op keer.

Scalla ·

Tragies, sterkte aan die familie, die munisipale elektrisien ken nie eens die verskil tussen lewendig of nie gelaai soos jul se, die privaat elektrisien wat duidelik weet wat hy doen het dit dan bevestig dat dit wel gelaai was. iemand word hier beskerm.

Roza ·

My heart goes out to the parents nd family of this little angel may u rest in peace son nd may God take care of you in His garden of beauty nd love God bless you all

Elke ·

Ek lees van die kabels en nalatigheid en mense wat vergelding soek…
Maar niks gaan daardie jong seun kan terugbring nie. Geen geld in die wêreld kan ‘n pa of ma se seunskind, ‘n oupa of ouma se kleinman, ‘n boetie of sussie se boeta terugbring nie. Baie sterkte aan die gesin en familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.