Fietsrit eindig tragies vir Kaapstad-tieners

Foto: ER24

Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het die voorval by die kruising in Whitestraat in Retreat plaasgevind. Foto: ER24

Twee tienerseuns is Woensdag by ʼn kruising in Kaapstad deur ʼn trein getref.

Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het die voorval by die kruising in Whitestraat in Retreat plaasgevind.

“Die twee seuns het na bewering op ʼn fiets gery en het blykbaar nie die aankomende trein gesien toe hulle die spoor wou oorsteek nie,” het Rossouw gesê.

Rossouw het gesê een van die seuns het ernstige kopbeserings opgedoen. “Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir hom kon doen nie en is hy op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Die ander seun het kritieke beserings opgedoen, insluitend verskeie beenbreuke en kopbeserings. Hy is behandel en deur ER24 na die Grootte Schuur Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

natasha ·

As hulle nie die trein gesien het nie, het hulle seker nie gekyk of daar ‘ n trein kom nie. Arme treindrywer, my hart gaan uit na hom.

christine ·

Ai hiers baie fabrieke wat baie raas elekt treine loop sag. Jammer mammas ons dink aan julle

Cherokee ·

‘Die polisie ondersoek die voorval.’ Nie dat daar veel ondersoekwerk is om te doen nie.

Fransie ·

Ai christine, maak nie saak hoe sag n trein loop nie. Mens moet KYK voor jy n treinspoor oorsteek en dan gaan jy hom SIEN want hy is groot en dan gaan sulke dinge nie gebeur nie.

Gesie ·

Maak nie saak hoe dit gebeur het nie. Geliefdes se harte is gebreek! Mag julle vertroosting vind in ons Here.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.