Fietsryer deur bus doodgery

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Fietsryer is Woensdag in Pretoria dood nadat hy glo deur ʼn bus getref is.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:30 in Kameeldrift, noordoos van die stad, plaasgevind. “Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam het aan die kant van die pad gelê, met sy fiets langs hom,” het Steinmann gesê.

Sy het aan Maroela Media gesê die man was vermoedelik op pad werk toe, aangesien hy nie fietsryklere aangehad het nie.

“Daar word vermoed dat ʼn verbygaande bus hom in die pad getref het. Die polisie stel ondersoek in,” het sy gesê. Die bus het sowat ‘n meter van die man se liggaam tot stilstand gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SNEL ·

Karre voel niks vir fietsryers nie, wat nog te praat van n groot ding soos n bus. Dis hartseer dat iemand weer sy lewe verloor het omdat iemand nie gekyk het of omgegee het nie.

Iemand wat weet ·

Ja baie hartseer vernaamlik omdat n busbestuurder nou in trauma is deur n buitelander wat oor n besige pad voor n trok verby gery het en beheer oor sy fiets verloor het en sodoende sy lewe gekos het en boonop is die pad baie nou en geen padmerke nie.hy is van pad af toe weer terug op pad in bus vas

Lindie Lourens ·

En omdat fietsryers dikwels langs mekaar ry of selfs aan die verkeerde kant van die pad ry en dikwels ook stopstrate en robotte en ander padtekens ignoreer!!!

Realis ·

Ek stem Lindie! Baie fietsryers ry langs mekaar selfs op nou paaie waar bitter min plek is reeds. Ek moes al ‘n paar keer uitswaai vir fietsryers wat helemal “la-di-da” reg voor my ingery het. Daar’s fietsryers wat moet besef daar’s motors ook op die paaie! So min simpatie vir daai tipe fietsryers wat ry soos hul wil. Die reels geld vir hulle ook!

Maronel ·

Lindie, nou wat is volgens jou verkeerde kant van die pad??

MM ·

Ons wat voertuie bestuur moet vir hulle uit swaai, want hulle ry die hele pad vol. Ons moet lisensie gelde betaal om ‘n pad gebruiker te wees, maar o nee hulle kan maar ry soos hulle wil. Hulle moet dit weer wet maak dat alle fietsryers lisensies vir hul fietse kry. Baie jare terug moes elke fiets op die pad ‘n lisensie gehad het, so wat maak hulle nou so spesiaal om sonder een te ry. Verkeerde kant van die pad of nie hulle moet die motoris OOK in ag neem.

charles ·

Ek eendag so gery en toe twee langs mekaar gery toe ek toeter blaas wys een my sy middel vinger wel hy sal nie weer vir my wys nie ek daar gestop en hom n paar klappe gegee

Lindie Lourens ·

Maronel en Delia: Alles RY aan linkerkant van pad, maar STAP aan regterkant van die pad. Dis reg. Verkeerde kant is anders-om.
Ek sou ook dink dat daar nie net lisensies vir die fietse moet wees nie, maar die fietsryer self moet lisensie verkry nes motorryers, want almal moet dieselfde reëls ken en nakom.

Lindie Lourens ·

Skuus, nog iets. Dis nie volgens my nie, maar volgens verkeersreëls; verkeerde kant of regte kant.

Stephan ·

Diets ryers ry soos miere, die held pad vol. Hulle isnseker nooit geler in die kleuterskool van after mekaar ry nie. Hulle weet ook nie dat dear spesiaal strepe op sekereaaie aangebring is vir hulle. Idiots ry waar dit vir Julie bedoel is en nie die held pad vol ry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.