Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die fiets het onder die motor beland. “Die fietsryer het ʼn ent weg van die motor in die middel van die pad gelê.”
Volgens Meiring het die man noodlottige beserings opgedoen en hy is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.