Fietsryer deur motor doodgery

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat hy Donderdag deur ʼn motor getref is terwyl hy fiets gery het in Fourways, Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die fiets het onder die motor beland. “Die fietsryer het ʼn ent weg van die motor in die middel van die pad gelê.”

Volgens Meiring het die man noodlottige beserings opgedoen en hy is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.