Fietsryer doodgeskiet vir fiets

Gert Vermeulen en sy vrou, Ineke. (Foto: Facebook)

Die polisie soek nog na die verdagtes wat ʼn 57-jarigie fietsryer van Centurion Saterdagoggend doodgeskiet het.

Gert Vermeulen en twee ander fietsryers is omstreeks 08:00 die oggend deur vyf onbekende mans oorval terwyl hulle fiets gery het. “Die verdagtes het skote op die slagoffer [Vermeulen] afgevuur en hom toe van sy fiets beroof, voordat hulle van die toneel gevlug het,” het lt.kol. Mavela Masondo Sondag gesê.

Vermeulen is stigterslid van die organisasie Believers on Motorbikes (Bomb) in Centurion, wat fietse bou en aan minder bevoorregtes skenk.

Die voorval het op ʼn fietsroete naby Olievenhoutbosch, ʼn informele nedersetting net langs Centurion, plaasgevind.

ʼn Saak van moord en roof word ondersoek. “Die polisie vra dat enigiemand met inligting wat kan help om die verdagtes vas te trek, hul naaste polisiestasie, of die misdaadnommer 08600 10111 kontak.”

Medelye vir Vermeulen en sy gesin het intussen op Facebook ingestroom. “My wonderlike swaer Gert Vermeulen, jy was die rots in ons familie. Ons sal altyd lief bly vir jou. Dink asseblief aan my sus Ineke Vermeulen en die seuns in hierdie donker tyd,” het Jackie Bedeker Saterdag op Facebook geskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Windhond ·

Hy bou en gee fietse vir die minder bevoorregtes en dan kom roof en vermoor daardie selfde minder bevoorregtes hom – siek siek siek is dit die moeite werd om nog te probeer help?

Blomme ·

Ai ai! Ons land is regtig verrot van bo af! Baie jammer vir die naasbestaandes. Tog so onnodig!

Zombie ·

Sal dit lelik was om sulke goed en hulle nageslagte tot in alle ewigheid te vervloek?

Buck ·

Voor die regering en die polisie nie wys dat hulle misdaad verder toelaat nie, gaan dinge in S A net vererger

Anel ·

Dit is ‘n baie gevaarlike omgewing waar die mense gery het, wat baie jammer is. Hoekom moet ons so bang wees om iets iewers te doen? Dis mos nie reg nie! Mens kan nie heeldag in jou huis wegkruip omdat jy bang is jy word vermoor vir jou goed, waarvoor jy hard gewerk het. En voor ons die polisie beskuldig wat nie hulle werk doen nie, die nuuskierigs wat soontoe gegaan het, waarvoor, weet geen mens nie, het die toneel so vertrap dat geen behoorlike leidrade gekry kon word nie. En dit is nie die eerste toneel nie. Bly weg as jy nie van hulp kan wees nie. Baie sterkte aan die familie wat ‘n goeie mens verloor het.

Werner ·

Dis nou n kwesie van gooi jou perels voor die varke .Geen medeleie meer vir die agtergeblewenes nie.

Marius ·

Baie sterkte aan die familie en friende . Dit is belaglik om te dink dat n mens se lewe niks meer werd is in die hool nie. Wie dink die mense is hulle om sommer net iemand dood te skiet vir iets wat nie aan hulle behoort nie? Dan aan die anderkant blameer ek die regering wat so wetteloos is , kyk maar na Zuma wat nou toer asof hy nog nooit niks verkeerd gedoen nie. Regtig , die man hoort in die tronk!!!

Frank John ·

Kan ‘n mens se lewe so min werd wees vir ‘n ander?

Charl ·

Vee Olievenhoutbosch van die kaart af tesame met al die drek wat daar bly, dis ‘n misdaad nes ! So absoluut onnodig en sinneloos dat ‘n barmhartige Samaritaan sy lewe moes verloor op so ‘n wyse. Sterkte aan die familie en vriende.

RekmyBek ·

Die fietsryers se fietse kan duisende selfs
R150 000+ kos. Daarom die belang dat hulle geteiken word. Die partye wat dit aankoop van hierdie diewe is net so skuldig aan koelbloedige moord. Party mense in hierfie land is sielsiek en het geen respek vir enige vorm van lewe nie.

Erika ·

Parasiet se Motto is Gee Gee Gee ,
Dit na hierdie man juis vir minder bevooregtes gehelp het….dit is so tipies selfsugtig

Belinda ·

ja wat, mens try goed doen maar dan kom daardie selfde tipe mense en moor jou.
deesdae moet mens maar net aan jouself dink en bogger die res.
Innige medeleie aan die gesin – Mag hul vertroosting in hierdie harde tyd vind.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die wyse van toepassing van die Suid-Afrikaanse Kriminele Regstelsel maak van demokrasie en die Grondwet en die parlement ‘n bedrogspul. Daarom dat die kriminele glo hulle kan met moord weg kom. En die hoofrede vir die toepassing van hierdie ondoeltreffende en oneffektiewe stelsel lê by die ANC en vaders wat hul kinders nie behoorlik opvoed nie. Maar die ANC-stemvee moet die blaam dra dat hulle so ‘n korrupte patetiese party ondersteun. Geen buitelandse belegger sal in só ‘n misdadige land wil belê nie. Welke ingeligte toeris sal in SA wil kom toer?

Jack ·

Wat eintlik in die berig moet staan is : Nog n wit mens doodgemaak deur n gierige en moordlusige swart mens. Ek is absoluut gatvol vir hierdie moorde op ons mense en geen vonnis indien ooit maak dit reg nie. Daar is n fout in die land van haat en ons kan maar gereedmaak vir volgehoue aanslae. Dit word altyd afgemaak as misdaad maar in effek is dit genefobie in die begin fase. Die plakkerskampe is juis so sentraal geplaas sodat aanvallers maklik kan toeslaan en verdwyn.

Danie ·

‘n Fietsryroete naby ‘n informele nedersetting.
I ask you…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.