Fietsryer in hospitaal ná aanvaller toeslaan

Die fiets wat geroof is.

ʼn Fietsryer van Port Elizabeth word met veelvuldige beserings in ʼn hospitaal behandel nadat hy Vrydagoggend in die omgewing van Schoenmakerskop aangeval en van sy fiets beroof is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die 55-jarige man se vrou het die voorval by die Walmer-polisie aangemeld nadat hy omstreeks 12:00 aangeval is.

“Hy het verskeie beserings opgedoen en is tans in die hospitaal. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek. Die slagoffer moet nog sy weergawe van gebeure aan die polisie gee,” het sy gesê.

Die man het in Marine-rylaan fietsgery toe die voorval gebeur het. Dit is in hierdie stadium onduidelik of enige ander items, benewens die grys fiets, geroof is.

Enigiemand met inligting oor die voorval of wat die aanval gesien gebeur het, word gevra om die Walmer-polisiestasie of kapt. Estelle Edwards by 079 520 3256 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stefaan

n Mens is nerens meer veilig nie, nie eers in jou eie huis nie. Die burgers gaan begin reg in eie hande neem.

Fedup

Sue the circus for neglecting to protect you.
They will pay the hospital bill and replace everything that was stolen.

Dup

Plakkerhuise is besig om rondom en in Port Elizabeth op te skiet en die plaaslike owerhede laat dit toe.Daar is baie min areas waar die inwoners kan gaan waar hulle lewens en eiendom nie in gevaar is nie.

Ja Wat

R130 000 se fiets gaan hulle seker verkoop vir R1000