Fietsryer in Kampsbaai doodgery

Argieffoto Foto: tenspeedhero.com

Argieffoto Foto: tenspeedhero.com

ʼn Fietsryer in sy 50’s is Dinsdagmiddag in Kampsbaai in Kaapstad doodgery.

“Die man het in Victoriaweg gery toe ʼn voertuig hom getref het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die man het reeds aan sy beserings beswyk toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Die polisie ondersoek die voorval.

Victoriaweg was vir ʼn wyle na die ongeluk in beide rigtings gesluit vir verkeer.

Kaapstad is tans vol fietsryers wat oefen vir die Argus-fietsrywedren op 8 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kaaiman ·

Ai, hoe hartseer. Dit laat ons as familie weer die tragedie herleef bietjie meer as 3 jaar gelede toe ‘n “kingpin” in ons familie gesterf het toe ‘n motor hom getref het terwyl hy vir die Argus
Fietstoer ge-oefen het. Daardie aand het ons verslae rondgedwaal en alles het so sinloos en onnodig gelyk. Ek weet hoe die familie vanaand voel; ek was daar. Troos is nou baie ver, en woorde gaan nou nie help nie. Sterkte!

moeggepraat ·

Dit is baie traggies dat mens jou huis, eiendom, bates ten duurste beskerm maar jou eie lewe waag jy op ‘n fiets op ‘n SA pad waar jy nie eens jou kinders toelaat alleen nie, wat is voet met fietsryers wat dink dat dit aanvaarbaar is om jou lewe in die hande van taxis en motoriste te plaas. Dit is nie wys om jou lewe te waag op ‘n fiets in SA nie.

Rikku ·

Dit is so tragies om ‘n naasbestaande op so ‘n manier te verloor. Sterkte aan die Familie.
Kan die fietsryers nie maar ‘n veilige plek kry om te oefen nie ? Vir ons motoriste is dit so moeilik om net te oorleef in die verkeer en veilg by jou bestemming te kom, veral met die Taxi’s wat tot op die randstene bestuur, en nog moeiliker om op die uitkyk te wees vir Motorfies bestuurders wat van agter ,tussen die verkeer en langs jou motor verby brul.
Ons kans is so groot om in ‘n ongeluk betrokke te raak , dan vra ek watter kans het ‘n persoon op ‘n trapfiets ? Veral in Spits Verkeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.