Fietsryer kritiek beseer in Jhb-ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 40-jarige man is kritiek beseer nadat hy Dinsdagoggend deur ʼn ligte motor van sy fiets afgestamp is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het by die aansluiting van Beyers Naude- en Malope-rylaan in Johannesburg gebeur.

“Toe paramedici op die toneel opdaag, het die fietsryer in die pad gelê met die fiets ʼn paar meter weg. Die motor wat teen die fietsryer gebots het, het ongeveer 100 meter verder langs die pad afgetrek,” het hy gesê.

Volgens Meiring het die fietsryer veelvuldige beenbreuke opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Die man is op die toneel gestabiliseer en per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer.

Die plaaslike owerheid stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois ·

Ek wil net weet – hoekom MOET hulle in spitsverkeer ry? Daai tyd van die oggend is dit reeds moeilik om die Taxi’s te verhoed, nie te praat van iemand op ‘n fiets nie….en die stuk pad lyk maar BAIE besig.

CHRISTA ·

Julle moet besef dat dit baie se enigste vorm van vervoer is en HULLE IS OOK IN SPITSVERKEER OP PAD WERK TOE , nie net julle nie!

Pops ·

Wil ek ook graag weet Francois!! En dan het almal plakkers op hulle motors wat sê jy moet 1.5 meter ver van ‘n fiets af ry. MENSE, weet julle ‘n enkelbaan is nie eers behoorlik 1.5 meter nie. So waar moet ons met ons motorkarre nou eintlik ry. Op die sypaadjies sodat die taxi’s, fietse en motorfietse op die pad kan ry. Of, die fietsryers wat 3-5 langs mekaar ry en as jy vir hulle toet dan wys hulle vir jou vieslike tekens.

Weskaaper ·

Indien motoriste meer bedagsaam teenoor fietsryers is en nie so haastig werk toe is nie sal minder ongelukke gebeur waar fietsryers omgery word waar motoriste by hulle verby skuur. Fietsryers kan ook gedurende spitstyd op die pad wees, want moontlik is dit hul enigste vervoermiddel en kan nie ‘n motor bekostig nie.

Dee ·

Respek en verdraagsaamheid werk beide kante toe. Die gevoel is dat die motoris altyd die respek moet betoon terwyl die fietsryer, voetganger, motorfietsryer geen respek teenoor ons hoef te betoon nie. Hulle ry nie in die fietspad nie, as die geel streep area meters wyd is, ry hulle binne in die pad. In nou paaie waar daar skaars plek is vir ‘n motor, ry hulle in groepe langsmekaar en waag dit net om die toeter te druk – dan leer jy gou vingertaal. En sekerlik die grootste euwel is dat hulle geen ligte het, geen sigbare klere het nie en meeste van die tyd nie die verkeer kan hoor nie want hulle het oorfone in…en steeds word in meeste gevalle die motoris blammeer sonder dat ons weet wie die wet oortree het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.