Fietsryer kritiek ná taxi hom tref

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Fietsryer is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Sondag in Potchefstroom deur ʼn minibustaxi getref is.

ER24 het in ʼn verklaring gesê die ongeluk het Sondagmiddag in Viljoenskroonweg plaasgevind. “Die fietsryer is sowat 30 meter van sy fiets af aangetref,” lui die verklaring. “Die impak van die botsing het veroorsaak dat sy fiets in twee dele geskeur het.”

Die man het erge kopbeserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Potchefstroom provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die man werk glo op ʼn plaas naby die dorp.

Niemand in die taxi is beseer nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sprietjie ·

Wanneer ‘n taxi betrokke is by ‘n “ongeluk”, beskou ek dit nie as ‘n ongeluk nie. Hulle ry, stop, staan en doen net wat hulle wil, ongeag wie se lewe op die spel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.