Fietsryer kritiek ná tref-en-trap-voorval

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy laat 20’s, is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Sondag in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval buite Potchefstroom in Noordwes beseer is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die Viljoenskroon-pad buite die dorp plaasgevind.

“ʼn Gemeenskapslid het nooddienste na die toneel ontbied. Met paramedici se aankoms is die fietsryer aan die kant van die pad, langs sy fiets, aangetref,” het Meiring gesê.

“Die man is ondersoek en vir verskeie kritieke beserings op die toneel behandel. Hy is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.”

Meiring het gesê nóg die voertuig wat die fietsryer vermoedelik getref het nóg die bestuurder daarvan was op die toneel. Die fietsryer is deur ʼn verbyganger in die middel van die pad aangetref en na veiligheid verskuif voor nooddienste ontbied is.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

vermeende ·

Beweerde.

Maroela hoekom is dit n beweerde tref en trap as voetgangers en fietse voorang op ons paaie geniet of beweer julle dat die man teen n boom vas gery het en met sy fiets daar langs die pad gaan le het?

Phillip ·

Dagsê Vermeende

Aangesien die motor wat in die voorval betrokke was, nie op die toneel was nie en dit nie dadelik duidelik is waar die bestuurder was nie, word beweerde gebruik omdat die tref-en-trap-voorval tans die vermoede is. Sou die bestuurder op die toneel gebly het, sou dit as ‘n ongeluk gestel word.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media.

CQ ·

Ek stem saam. Beweerde beteken tog julle is nie seker wat gebeur het nie – maar almal kan mos SIEN die fietsryer is raakgery en die motoris het weggejaag. Dus is dit nie n BEWEERDE tref en trap nie…Dit IS n tref en trap.

Phillip ·

Dagsê CQ

Tensy dit met verdere ondersoek deur die polisie én ʼn daaropvolgende hofbeslissing bewys word dat dit ‘n tref-en-trap-voorval was, kan ons dit net as ‘n “beweerde” voorval meld. Die prosesse neem ongelukkig lank en moet gerespekteer word. Dit is te vroeg ná die voorval om ongegronde afleidings te maak.
Die onderwerp word nou as afgehandel beskou.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media.

vermeende ·

Nee Phillip, die misdaad wat in die geval gepleeg is, is tref en trap en niks kan dit nou verander nie.
Jy kan nie n persoon n moordenaar noem nie voor hy aan moord skuldig bevind is nie maar as n moord gepleeg is dan is moord die misdaad waaraan die moordenaar hom self aan skudig gemaak het en dit is dan geregverdig om die onbekende misdadiger n moordenaar te noem, die skuldigbevinding verander niks aan die misdaad nie.
Hierdie is n tref en trap en nie n beweerde tref en trap nie.

Beweerde ·

Nee vermeende . Die bestuurder was dalk vrou alleen en dit was onveilig om te stop. Daars baie scenarios. Sy/hy is dalk direk polisie /hospitaal toe. Wag tot die polisie hul kant stel voor jy slim raak en laat die joernaliste hul werk doen. As jy nie van Maroela se nuus hou of hoe hulle dit doen nie, gaan betaal R99 rand ‘n maand elders vir nuus in Afrikaans.

Beweerde ·

En bygesê Vermeende … Dit kan selfs eerder strafbare manslag wees / word as ons nou wil tegnies raak.

Beweerde ·

PTA
Waar lees jy ongelisensieerde bestuurder? Maag jy ook jou eie aantuigings?

.oor ·

Gaan my verstand te bowe dat jy iemand kan raak ry en net weg ry. Wat se soort mens is dit. Ek moet liewers nie vra nie

wilma ·

Ek ry net aan want ek het gn balls. Lafaards. Ma selle as moordenaars

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.