Fietsryer kritiek ná ‘tref-en-trap’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23-jarige fietsryer is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy na bewering in Kyalami in Gauteng in ʼn tref-en-trap-voorval betrokke was.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 06:20 op die R55 plaasgevind.

“Dit is nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. Volgens inligting van die toneel het ʼn motor die fietsryer getref en versuim om by die ongelukstoneel stil te hou,” het sy gesê.

Met paramedici se aankoms by die toneel is die man met lewensgevaarlike beserings aangetref. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Mathe is die man ʼn algemene werker en was op sy fiets op pad werk toe.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ulandi ·

Dis bitter hartseer wat met die fietsryer gebeur het! En ek hoop die motor bestuurder word gevang en aangekla.

Ek vind well dat in sekere gevalle fietsryers ook baie nalatig is, gister het ons op die R59 gery na Vereeniging en daar was ‘n groot groep fietsryers wat op die snelweg gery het, word dit toegelaat? Met die volume voertuie wat daardie pad gebruik sou ek se dis bitter gevaarlik! #justsaying

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.