Fietsryer op N4 aangeval

Deon van der Berg (Foto: Facebook)

Deon van der Berg (Foto: Facebook)

Deon van der Berg, aanbieder van die Huweliks- en Lewensverrykingseminare, is Saterdagoggend op sy fiets op die N4 buite Pretoria deur twee onbekende mans aangeval.

Van der Berg het omstreeks 07:45 alleen op sy fiets op die Bakwena-hoofweg naby die Rosslyn-afrit gery. Daar is ʼn groot geel skouer langs die pad waar fietsryers gemaklik kan ry. Hy het Saterdagoggend twee mans in die pad sien staan. “Een van die mans het sy arm uitgesteek, en die gewoonte van fietsryers is dat mens sommer so aan mekaar se hande raak om te groet,” het hy aan Maroela Media verduidelik. “Die man het my egter van my fiets af gepluk en dit is toe dat die tweede persoon my met ʼn stok slaan.”

Van der Berg het gesê hy kon vinnig opspring en die fiets tussen hom en sy aanvallers kry. “Ek het besef ek gaan myself moet verdedig. Daar het gelukkig motors begin stilhou en die twee het laat spaander.”

Die vermoede bestaan dat persone fietsryers teiken wat alleen ry, en dat hulle die fietsryers spesifiek daar inwag, om vinnig by die treinbrug teen die heuwel uit te vlug. “Hulle weet wat is mens se fiets werd, en dat mens gewoonlik ʼn selfoon en dalk kontant by jou kan hê.”

Van der Berg se arm is beseer, maar darem nie gebreek nie. “My vrou het gesê ek mag nie meer alleen ry nie!” het hy gesê.

Hy beplan om hierdie jaar weer aan die Argus-fietsrytoer deel te neem, ʼn wedren waarin hy baie ervare is en trots is om sy groen nommer te dra.

Van der Berg het in 2014 binne 12 dae 1 650 km afgelê en uiteindelik R180 000 ingesamel vir die bediening, Lewensverryking Seminare.

Deon skryf ook rubrieke vir Lig- en Intiem-tydskrifte. Hy bied binnekort ʼn reeks oor Huweliksverryking aan vir Maroela Media se radioproduksiehuis, Draadloos. Dié reeks sal op die webwerf beskikbaar wees en word op verskeie gemeenskapsradiostasies uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

humor ·

Mnr van der Berg u woon in SA. Nog nie in hierdie late uur besef? Luister maar gerus na u vrou terwyl u dan nou ook huweliksverrykings- lesing aanbied. Dit sal u baat.

Bets Bothma ·

Dit het die tendens geraak in die Kaap ook. Ek stem, ry maar in groepe en n kamera op die helmet kan ook van hulp wees. Ai, waarheen gaan ons land?

Riekie ·

Op n drafstappie bult AF Bets. Owns sal NOOIT weer vry wees in hierdie land nie!!!! Diesulkes h kamma so geveg vir vryheid nou h niemand meer vryheid nie!!!!!!!

Knapie ·

Is dit nie onwettig vir fietsryers en voetgangers om op nasionale hoofweë te wees nie? Maak nie saak hoe breed die skouer nie?

Vra maar net….

Cj ·

Dit is steeds onwettig. Maroela keur dit goed want hy is SO respektabel, en hy werk vir hulle.

Ek wag vir die nuusberig waar ‘n voertuig in ‘n groep fietsryers ingeploeg het op die N4. Uiters gevaarlike pad, motors ry bitter vinnig daar.

Ps ek self ry fiets MAAR bly weg van hoofweë

GES ·

Ek het niks gelees van Maroela keur dit goed nie. Kom ons lees op die lyne ipv tussen die lyne.

Flow ·

Mense wat die absurditeit miskyk dat n mens op jou fiets aangeval word in blote daglig en dan oor kleinighede kerm soos wat maak die ou op die snelweg het hulle koppe in sie sand soos n volstruis. Rome brand !!! Dis seker sy eie skuld want hy moes nie daar gewees het nie ne. Ongelooflik!!!

Knapie ·

Jy sien, Flow, dit is juis die die hele probleem. Wetsgehoorsaamheid en wetstoepassing. Gestel net een van die twee partye was wetsgehoorsaam, dan sou hulle nooit daar ontmoet het nie. Gestel die owerhede het wette toegepas, sou nie een van die twee partye daar gewees het nie.

As n party een wet verontagsaam, hoe kan n mens verwag dat hy n ander wet skielik sal gehoorsaam?

Cornelius ·

Ja dit is, maar is n lekke roete om te ry tussen Brits en Dr Swanepoel en terug deur die woon buurt. Is maar n risiko

Peet Schabort ·

EN mense het stilgehou !! Dis voorwaar GOEIE nuus. Daardie omgee vir mekaar is nog daar.

Genis ·

Hulle was net nuuskierig Peet. Wou seker die aanval met hulle selfone opneem op op youtube te laai. En hoekom groet Deon die booswigte in die verby ry met die hand? Mense, moenie bang wees om ongeskik te wees nie! Dis van altyd nice probeer wees dat sulke dinge gebeur.

CHRISTA ·

Ek kan sien hoekom jy jouself Genis noem – jy verwag niks goeds van iemand anders nie!!!

GES ·

Alles goed en wel. Daar is foute gegaan deur al die partye. Kyk ons na die groter prentjie is dit baie duidelik hoekom sulke dinge gebeur. Die vervolging en straf van sulke booswigte is hopeloos. Sou hulle gevang word sal hulle in alle waarskynlikheid nie veel oorkom nie. So daar is geen afskrikmiddel wat sulke misdade sal uitroei nie.

Genis ·

Dit ook GES, maar as daar 2 leeglêers in die pad staan met ‘n stok is dit tyd om jou nicegeit in jou sak te steek! Luister na julle intuïsie, moenie jou deure vir vreemdelinge oopmaak nie, moenie met hulle geselsies aanknoop ens. nie. Ons is te verdomp nice want ons loop met die albatros van Apartheid om ons nekke en moet mos nice met almal wees! Ek wed jou Deon het ‘n voorbodende gevoel gehad wat hy ter wille van beleefdheid geïgnoreer het. Net bly hy is nie dood nie.

Doeppie ·

Ek is ook ‘n fietser en het al menige Argus en dies meer getrap. Is al vir die laatste 14 jaar die land uit en in die VSA gevestig. Ry baie fiets meestal by myself en is tog te bly dat daar g’n sulke rowers hier is nie. Voertuig bestuurders het ook ongelooflike respek vir fietryers. Die gevoel van vryheid en veilig wees is nie ter versmaai nie. Ja, daar is misdaad in die VSA maar ek hoef nie die hele dag oor my skouer te kyk nie! Ek mis my land baie maar nie die gemors wat daar aangaan nie. Sterkte aan almal wat dit moet belewe.

Genis ·

Christa, jammer as my kommentaar jou aanstoot gegee het. Ek bedoel dit regtig nie lelik nie. Ek gee baie om vir ons mense. Elke berig van geweld en moord is soos ‘n mes in my hart. Ek wil net graag sien dat ons mense versigtiger en veiliger leef. Lees gerus “The gift of fear”.

Genis ·

The gift of fear – Survival signals that protect us from violence deur Gavin de Becker.

Cornelius ·

Julle moet begin wapens kry. Ek ry met myne pad en mtb. Jy kan nie sonder een wees in die land nie.

Greyling ·

Oefen self op daai pad. Hoekom? Enigste pad met n skouer waar jy redelik veilig voel aan die noorde Kant van Pretoria. Kan nie met n ren fiets erens anders soos bevoorbeeld die Moloto pad afstand ry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.