ʼn Fietsryer, vermoedelik in sy laat 20’s, is Sondagoggend in Randfontein vermoedelik doodgery deur ʼn motor.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die R559 plaasgevind.
“Paramedici het net voor 08:00 op die toneel afgekom waar hulle die fiets langs die pad en die man se liggaam ʼn paar meter verder weg aangetref het,” het Vermaak gesê.
Volgens Vermaak het paramedici vasgestel die man het noodlottige beserings opgedoen.
“Dit kom voor of hy deur ʼn voertuig getref is. Die polisie was reeds op die toneel en het aangedui dat die betrokke voertuig die toneel verlaat het voordat enigiemand daar opgedaag het,” het Vermaak gesê.
Die man is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
38 Kommentare
En dan ry jy sommer netsi weg? Swak man swak!!
Hoe ry jy iemand soos ‘n hond dood en jaag weg van die toneel af? En moenie vir my sê dit was as gevolg van skok nie!
Geen respek vir ‘n lewd nie. Sterkte aan sy familie
Geen respek vir ‘n lewe nie. Sterkte aan sy familie
Baie sterkte aan die familie
Dis dié soort ding wat my fietsry laat opgee het. ‘n Vriend van my is deur ‘n taxi getref-en-trap en gedood. Ek self het ‘n paar noue ontkomings gehad. Is dit nie vreemd hoe mense in die geel lyn ry, wanneer daar nie ander fietsryers of motors in die omgewing is nie?
Dis net ‘n lafhart of moedswillige moordenaar wat dit nie rapporteer nie.