Fietsryer se liggaam langs pad aangetref

Foto: Verskaf.

ʼn Fietsryer, vermoedelik in sy laat 20’s, is Sondagoggend in Randfontein vermoedelik doodgery deur ʼn motor.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die R559 plaasgevind.

“Paramedici het net voor 08:00 op die toneel afgekom waar hulle die fiets langs die pad en die man se liggaam ʼn paar meter verder weg aangetref het,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak het paramedici vasgestel die man het noodlottige beserings opgedoen.

“Dit kom voor of hy deur ʼn voertuig getref is. Die polisie was reeds op die toneel en het aangedui dat die betrokke voertuig die toneel verlaat het voordat enigiemand daar opgedaag het,” het Vermaak gesê.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Afgryslik ·

Hoe ry jy iemand soos ‘n hond dood en jaag weg van die toneel af? En moenie vir my sê dit was as gevolg van skok nie!

David ·

Baie sterkte aan die familie

Dis dié soort ding wat my fietsry laat opgee het. ‘n Vriend van my is deur ‘n taxi getref-en-trap en gedood. Ek self het ‘n paar noue ontkomings gehad. Is dit nie vreemd hoe mense in die geel lyn ry, wanneer daar nie ander fietsryers of motors in die omgewing is nie?

Dis net ‘n lafhart of moedswillige moordenaar wat dit nie rapporteer nie.

Ronel ·

As mens oefen op die pad, hetsy jy draf of fietsry, is jy mos target practice vir sekere padgebruikers. Ek draf en moes al n paar keer baie vinnig op n sypaadjie kom of doodgery word.
Jammer oor jou vriend.

Onnie ·

Pleks die persoon bel net ten minste n ambulans dan kon die fietsryer dalk nog lewe.

Nettie ·

@Ronel, net die feit dat jy sê jy moes al ‘n paar keer sorg dat jy vinnig op die sypaadjie kom of jy was doodgery, sê dat jy IN die pad, wat vir MOTORS bedoel is, gedraf/fietsgery het. Dit is waarvoor sypaadjies daar is: vir voetgangers/drawwers/fietsryers. Ons dorp het lieflike voetganger/fietsryer-paadjies, maar steeds ry/stap mense IN die straat sodat motorbestuurders tot in die aankomende baan moet uitswaai vir hulle of agter hulle tot stilstand moet kom, voor hulle kan verbygaan (as daar verkeer in die aankomende baan is). Kortom: fietsryers/voetgangers hoort nie in IN/OP paaie of strate nie, maar lángs dit – motoriste betaal vir hul voertuiglisensies, dus die reg om paaie en strate te gebruik – betaal voetgangers/ fietsryers jaarlikse lisensies?

VanAfrika ·

Sypaadtjie is nie vir fietsryers nie dis alleenlik vir voetgangers, tensy dit anders gestig is, oor die meerderheid is sypaadtjies nie ontwikkel vir fietse nie. Motoriste word geleer om paraat te wees vir alles om en in die pad, as jy n fietsryer sien moet jy spoed verminder en om die fietsryer ry of ten minste so dat jy nie die persoon dood trap nie. Maar baie motoriste wil alles en almal uit die pad of dood ry. Ek self is baie keer benoud in my eie kar want daar is altyd n taxi of twee wat wil kyk of hy jou van die pad kan afdruk.

@Nettie ·

Ek nooi jou uit om Saterdag my 20km roete NET op die sypaadjies te draf, dan hoor ons wat sê jy daarna.
(‘n Vriend van my het amper sy been verloor agv iemand wat ‘n draad as deel van sy bedding so 30cm bo die grond gespan het. Die draad het soos ‘n lem tot teen die been gesny, en daarmee saam weefsel, ligamente ens)
Ek wil regtig BAIE DANKIE sê vir die bedagsame motoriste in Zwartkop, Centurion wie sien leef en laat leef as ek in die middag draf. (Behalwe die wie roekeloos na Lenchen toe jaag deur ons woonbuurtes)

PJC ·

Ek weet nie wat is die oplossing vir hierdie probleem nie. Elke dag sien ek op ons paaie hoe onveilig dit vir fietsryers is. Defnitief sal ek dit nie op die pad waag met ń fiets nie want die meeste paaie is nie geskik vir beide motorvoertuie en fietse nie en die meeste motoriste gee nie ń bloue duit om vir fietsryers se veiligheid nie.

Nettie ·

@Van Afrika, @Nettie en @Nika – ek is ‘n motoris, ja. Wat dúúr en swáár betaal aan my kar en die jaarlikse lisensiegelde, asook versekering. Fietsryers en voetgangers betaal nie enige lisensies of versekering nie. Daarom hoort hulle nie IN/OP die paaie/strate nie. Daar is baie plekke waar julle mense wat fietsry- en draf/stap entoesiaste is, kan gaan ry of stap.

Ek praat nie van mense wat op daaglikse basis, omdat hulle per fiets of te voet êrens moet kom, die paaie gebruik nie. As daar ‘n sypaadjie is, GEBRUIK dit – moenie IN die pad ry nie, want fietsryers en voetgangers hoort nie IN die pad nie. PUNT, EINDE VAN DIE SAAK. Indien daar nie ‘n sypaadjie of voetganger/fietsrypaadjie is nie, gaan ry ELDERS fiets of gaan stap ELDERS.

@Van Afrika – ek praat vanuit die oogpunt dat in die dorp waar ek woon, daar ordentlike strate en sypaadjies/voetganger/fietsrybane is. Daar word nou ‘n hele paar honderdduisende rande gespandeer aan ‘n fietsryer/voetganger-pad naby my huis – ons sal maar sien of dit die fietsryers/voetgangers uit die pad hou (ek twyfel).

Wel, toegegee, nie almal woon in ordentlik-bestuurde en instandgehoude dorpe soos in die Wes-Kaap nie. Jammer vir julle …..

Gerrit ·

@Pete
Kom ons kry daai fiets ryer dan hoor ons sy kant van die storie. Elke storie het twee kant

Pete ·

Elke dag, hoeveel keer op een dag, sien ek hoe fietsryers kanse vat, motoriste of voetgangers aanrand. Dit haal nooit die nuus nie. Fietsryers het veroorsaak dat ek as deelsgestremde met my motor in ‘n donga beland het en my toe gestaan en uitlag. As jy toffies wil uitdeel, moet jy dit kan kou as dit jou kant toe kom. In Kaapstad staan R158 miljoen se fietslane onbenut. Fietsryers oral tussen voetgangers. Of vier-vier langs mekaar. Gehoorsaam nie verkeersligte nie, stop ook nie by beheerde voetoorgange nie. Hulle het hul eie bed opgemaak.

Sonja ·

The bike rider is a person, someone ‘s family member, on a bike, you are in a vehicle. Yes, there are terrible people in the world and they are terrible whether driving or cycling. You can’t generalize the way you just did and it’s exactly this attitude that kills our family members that cycle.

Santjie ·

Hi Pete. Ek het simpatie met wat met jou gebeur het, maar nie alle fietsryers is soos die met wie jy ‘n stel afgetrap het nie. Jy kan nie nou almal staan en oordeel nie. Net so is alle motoriste nie ook skuldig aan tref en trap nie.

Joe ·

Pete, jy slaan die spyker op die kop.
As always: There’s 2 sides to every coin…..
Ek sien daagliks hier in Kaapstad hoe fietsryers rustig oor rooi verkeersligte en stopstrate ry sonder om te stop.
En ek wag maar geduldig tot daar geen motorverkeer van voor af kom. voordat ek die drie-drie en vier-vier langs mekaar fietsryers verbysteek.
Maar, ek is nie ‘n ongevoelig mens en wens niemand toe wat hier gebeur het nie. My innige simpatie aan die naasbestaandes van die oorledene. Ek bid hulle alle sterkte toe.

Nettie ·

@Sonja, so is Pete ook ‘n mens, boonop ‘n deels-gestremde persoon wat ‘n verlies gely het a.g.v. ‘n fietsryer se selfsugtige optrede. Ek sê ook: fietse en voetgangers hoort nie IN/OP strate/paaie nie. Ek het self al ‘n stel of wat afgetrap met fietsryers wat op ‘n provinsiale pad twee-twee langs mekaar gery het, vir wie ek heftig rem moes getrap het (ek kon nie uitswaai nie, anders was ek in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n groot vragmotor). Toe ek vir hulle toet, kry ek die vieslikste gebaar in my rigting gegooi.

Gerrit van Wyk ·

Kom ons kry die fiets ryer Pete dan hoor ons sy kant van die storie. Daar is altyd twee kante aan n storie

Spietnik ·

Dit lyk my die taxi’s het ‘n wedingskap aan hoeveel fietse hulle van die pad af kry wat nie petrol verbruik nie. Dit is een meer passisier vir hulle.
Mag die familie vertroosting vind in hulle Chritelike geloof.

Anita ·

Op Suid-Afrikaanse paaie bestuur /ry mens met die volgende uitgangspunt in gedagte: onthou geen respek, reëls, wette of regulasies geld nie.
En helaas fietsryers is ongelukkig deel van hierdie neiging, veral as hulle sommer tweestuks langs mekaar wil ry op paaie.
Dit het ek al beleef. En wonder altyd oor die sinvolheid van fietsry op SA paaie omdat daar geen wet en orde is nie. Taxi’s is die grootste padterroriste.
Alle sterke aan hierdie jongman se mense.

J van Rustenburg ·

Ek wil net se Ek sal te bang wees om op so pad fiets te ry

Sputnik ·

Wow Pete! Jy beweeg darem in ‘n gevaarlike deel van die samelewing. Ek ry fiets en het nog nooit sulke gedrag van fietsryers teëgekom nie, ook nie van taxis nie. Lekker fietslose dag vir jou ook!

Johnnie ·

Ek hoop hulle kry daai lafaard wat weg gery het en kla hom aan van moord want dit is niks ander as moord nie.

E.K. die eerste ·

Jammer oor hierdie. Elke saak het twee kant en in die geval was die motoris skuldig en het wraggies nei die ordetnlikheid gehad om te stop of selfs naaloos dan as dit moet ambulans of iemand te bel nie. Dis moord , nisk anders. Maar ek verstaan ook heeltemal die anti-fietsers se frustrasies – kom kyk maar elke liewe naweek in die Cradle waar hul aanneem die paaie is net vir hulle, hulle mag maar klompe langs mekaar ry en laat jy waag om te toet. Daar was al hope gevalle waar ‘n groep fietsers mense aangerand het en dit terwyl hulle verkeerd was deur langs mekaar/in bondels te ry. En as daar berig gelewer is oor dit het hul die mees sarkastiese aanmerkings gemaak en gesê hulle SAL dit steeds doen. Hier in die Cradle woon mense wat baiekeer NET oor naweke kan inkopies gaan doen of selfs net gewoon dorp/werk teo wil ry maar mens kom nie verby die spul nie. Ons vind hulle arrogant en ongeskik en geen reëls geld vir hulle. En enigeen wat dink ek oordryf kom asb enige Sat/Son en kyk hoe dit gaan. En daar is ‘n spesiale fietspad vir hul gebou maar niemand of feitlik niemand ry daarop nie. As mense net altyd wetsgehoorsaam sou optree en ander in ag neem sal hierdie tipe ding nie gebeur.

Koos de Meyer. ·

Ongelukkig is daar ook baie fietsryers wat nie pad reëls gehoorsaam nie, kan nie almal onder een kam skeer nie maar robotte en stop strate bestaan nie vir sommige mense.

anton ·

Simpatie met sy familie. Ons weet wat julle deurgaan. Ons skoonseun is amper 2 jaar gelede deur ‘n roekelose bestuurder doodgery terwyl by in die geelbaan aan die linkerkant van die pad gery het op sy fiets. Die motoris het van voor gekom en oor die pad geswaai voor die aankomende verkeer in. Wag nog op die gevolglike hofsaak.

Harry ·

Ek ry al vir 49 jaar padfiets – alle vlakke: skool toe, universiteit toe, werk toe, winkel toe, weeklikse oefeninge (alleen of saam met groepe), weeklikse wedrenne, weeklange toere, provinsiale kampioenskappe, SA kampioenskappe. Al hierdie jare moes ek uit die motors se pad bly om te kon oorleef – amper weekliks probeer ‘n motoris my op my fiets omry, sonder dat ek in sy pad was. Die pad is ‘n wettige slagveld waar almal probeer oorleef en waar die boelies hul ware kleure wys. Ek besit 4 motors en voel dus vere vir ander motoriste wanneer ek agter die stuurwiel sit – dis hoekom ek my ou Ford bakkie so baie geniet!

Fietsryers ·

Ek hou nie van alle fietsryers nie. Nou een more oppad werk toe was daar twee fietsryers in ons buurt wat langs mekaar gery het. Hulle het agtertoe gekyk, so hulle weet daar was motors oppad. Hulle het nie ‘n snars omgegee nie en aanhou so ry. Ek kon nie verbygaan nie want daar was motors van die teenoorgestelde rigting. Nodeloos om te sê ek was laat vir werk!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.