Fietsryer steek twee ‘rowers’ met knipmes dood

Die polisie en nooddienste op die toneel. Foto: Netcare 911

Die polisie en nooddienste op die toneel. Foto: Netcare 911

Twee vermeende rowers is dood nadat hulle ʼn fietsryer naby ʼn gewilde bergfietspark in Pinetown, KwaZulu-Natal, wou beroof.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die fietsryer het Sondagoggend in die omgewing van Giba Gorge fiets gery, toe hy deur twee verdagtes oorval is wat hom wou beroof.

“Die fietsryer het ʼn mes aan hom gehad waarmee hy die verdagtes gesteek het,” het Gwala gesê. ʼn 25-jarige verdagte is op die toneel dood en die tweede, wie se ouderdom onbekend is, is in ʼn kritieke toestand deur paramedici van Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem.

Die bestuur van die park het ná die voorval ʼn beroep op fietsryers gedoen om versigtig en paraat in die omgewing te wees, veral as hulle die veiligheid van die park verlaat.

“Ons wil beklemtoon die aanval het nie in die park plaasgevind nie. Die fietsryer het oor die voetbrug aan die kant van Westmead gery en is in ʼn voetpad, wat na die grondpad lei, aangeval,” het die park in ʼn verklaring gesê.

“Die fietsryer het sy aanvallers met ʼn knipmes afgeweer. Die fietsryer ongedeerd, maar getraumatiseer.”

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, moes paramedici sowat 500 m teen ʼn steil helling voetslaan om by die eerste man uit te kom. “Hy het ʼn steekwond opgedoen en was reeds dood toe hy ondersoek is,” het Botha aan Maroela Media gesê. Die tweede man is sowat 500 m verder, ook met ʼn steekwond, naby ʼn rivier aangetref. Hy moes met ʼn helikopter na die pad geneem word, vanwaar hy onder polisiebewaking met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in Chatsworth geneem is. Die man het Sondagnag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Gwala het gesê die Mariannhill-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek ʼn saak van poging tot roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Hennie ·

Ek ry gewoonlik ‘n klein vuur wapen in ‘n buik holster (Smart Carry) saam, maar ‘n mes sal ook werk. Sal daarvan hou om te weet watse mes dit was, en of die fietsryer opleiding gehad het met messe.

kiewiet ·

Jammer dat soiets moet gebeur . Sterkte aan die fietsryer . As dit nie so `n ernstige saak was nie sou ek ook wou se koop vir hom `n Bels.

Oni ·

Wraggies ek glo nie dot kan poging tot moord wees nie. Een persoon ry op n fiets op sy eie en skielik is daar 2 nikswerds wat ander mense se goed wil afneem. Of het hul geduimry vir n geleentheid op n fiets en toe beplan die fietsryer moord. Nou toe nou. Daar kort baie meer fietsryers.

Genis ·

Dit is goed om te lees van ‘n slagoffer wat suksesvol teruggeveg het teen ‘n aanval. Ek dink dit gebeur meer as wat ons besef, maar natuurlik as niemand ernstig beseer word of sterf nie dan is dit seker nie nuuswaardig genoeg vir ons koerante nie.

Piet Pompies ·

Verassing is beste manier van verdediging.
Ek hoop die boodskap gaan uit na ander voornemende rowers!

Cherokee ·

Jy’s reg Nonnie, een letter maar ‘n moerske verskil.

alex ·

As ek so iets met n mes of n pistool aan n aanvaller/rower moet doen en eks seker niemand het my dit sien doen nie, sal ek dit bloot nie rapporteer nie. Die regsimplikasies is net te erg. Ras maak dit ook erger: “wit man maak swart aanvaller uit zelfverdediging dood”, verander in ons regstelsel maklik na “rassistiese wit man vermoor swart man net omdat hy swart was”

Indigogirl ·

Maroelamedia, die opskrif asb. EEN rower is dood, nie twee nie!

Landi Slatter ·

Dagsê Indigogirl,

Dankie vir jou terugvoer. Soos in die berig vermeld het die tweede rower Sondag aan sy beserings in die hospitaal beswyk, dus is beide rowers oorlede.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Lance ·

Ek is bly …die polisie weet dit gebeur daar maar hulle is te damn pateties om selfs n lokval te stel ….PATETIES !

JC ·

Dis baie waar wat jy se Lance, maar ai tog…die polisie is so oorweldig dink ek…:-)

Andrea ·

So bly daars mense wat hulself suksesvol verdedig! Hoop ek kry dit ook reg wanneer dit my oorkom.

KarooKlong ·

Daar gaan ‘n nuwe wet kom teen bestuur met ‘n gevaarlike wapen.
Wees versigtig, as jy val steek jy jouself.

Uiltjie ·

Hulle moet daai plek herdoop na TWEEROWERSMETEENKNIPMESMORSDOODGESTEEKFONTEIN!!

Aletha ·

Het lanklaas so lekker gelag! Dis seker n ernstige saak, ek weet, maar dit is baie snaaks ?

Luister ·

Haha, wonder of daar ‘n fontein is?
Gaan beslis vir my ook ‘n knipmes kry!

margie ·

I think the man on the bike protected him self well, I’m so over the crime in this country how many people get killed every day in SA the crime is OUT OF CONTROL AND PEOLPE NEED TO PROTECT THEM SELVES AND THEIR LOVED ONES, I WILL DO THE SAME !!!!

Stevie ·

Ek haal my hoed af vir die fietsryer, hy het duidwlik raak gesteek. Dis tyd dat ons opstaan teen misdaad in hierdie land, en kriminele besef hul kom nie weg nie.
Hoeveel onskuldige mense sterf nodeloos ? Jammer Mnr Rower ju het verkeerde victim gekies ….. well done fietsryer !

Ben Prinsloo ·

Beste brokkie nuus wat ek in n lang tyd gelees het. Nie so lekker as “the hunter the hunted became” nie. Voorspoed aan die fietsryer.

Joe ·

Maroela media, hoekom ‘rowers’ in aanhalings tekens, besluit julle nog of hulle regtig rowers was???

Frank ·

Hoe word iemand sonder mediese versekering met ‘n helikopter opgelaai en pad toe geneem? Wie betaal daarvoor?

Lettie ·

Stem saam met wie gaan nou ER betaal – die kostes is baie duur en seker gratis aan die oortreder gegee. Weet die oortredes wat hierdeie fietsryers se klere en fietse kos. Van ons vriende se fietse, kontant en Cellfone is ook so gesteel en nooit gevind nie en moes te voet huis toe. Gelukkig was hle lewens gespaar, en gelukkig kon hierdie fietsryer hom verdedig teen die booswigte.

Frij ·

Hoekom word die rower met n helikopter gevlieg. Wie betaal vir dit?

Philip ·

Dit is hoog tyd dat rowers teen gegaan word en hulle besef dat die publiek die reg het om hulle eiendom te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.