Fietsryer sterf in Benoni-ongeluk

Foto: ER24 (verskaf)

Foto: ER24 (verskaf)

ʼn Man is dood nadat ʼn ligte motor hom van sy fiets afgestamp het.

“Die man het sowat 3 m van sy fiets af gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. Die ongeluk het in Putfonteinweg plaasgevind. “ʼn Ligte motor het ongeveer 50 meter verder langs die pad gestaan.”

Die fietsryer is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motor het nie enige beserings opgedoen nie. “Die motoris het glo nie gesien die fietsryer ry oor die pad nie,” het Meiring bygevoeg.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.