Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het laat Vrydagaand sowat 30km buite Nelspruit plaasgevind.
Volgens Bodasing is die fietsryer deur die motor se ruit geslinger en is sy liggaam in die proses in twee geskeur. Die man se liggaam is op die voorste passasiersitplek gevind.
Bodasing het gesê die bestuurder van die motor het ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.