Fietsryer sterf in gru-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Fietsryer is dood in ʼn botsing met ʼn motor op die N4 buite Nelspruit. Die fietsryer is deur die motor se ruit geslinger.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het laat Vrydagaand sowat 30km buite Nelspruit plaasgevind.

Volgens Bodasing is die fietsryer deur die motor se ruit geslinger en is sy liggaam in die proses in twee geskeur. Die man se liggaam is op die voorste passasiersitplek gevind.

Bodasing het gesê die bestuurder van die motor het ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.