Fietsryer sterf in Johannesburg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, glo in sy 30’s, is Dinsdagoggend dood toe hy op die R554 in Eikenhof, suid van Johannesburg, van sy fiets afgestamp is.

“Die man het leweloos langs die pad, ʼn paar meter van sy fiets af, gelê,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Die man het reeds aan sy beserings beswyk voor paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die bestuurder van die ligtemotorvoertuig, wat ook in die ongeluk betrokke was, het geringe beserings opgedoen. “Paramedici het hom behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DPJ ·

Sterkte aan die familie van fietsrye. Dis is tragies dat hy so aan sy einde moet kom.

Reinhardt ·

Hoop die bestuurder word vir jare toegesluit sodat hy bietjie kan dink oor hoe “aaklig” fietsryers op die pad is.

Oom Boer ·

Sjoe, maar die fiets ongelukke neem skielik toe die afgelope paar dae. Dit kom amper voor of daar ‘n patroon van teiken is of misgis ek my nou hier en dit net aan blote ongelukke toegeskryf kan word. Alle simpatie en meegevoel aan die families en vriende met jul groot verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.