Fietsryer sterf in tref-en-trap

Foto: ER24

’n Man is dood nadat ’n voertuig hom glo van sy fiets af gery het buite Potchefstroom en die bestuurder toe van die toneel gevlug het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het sowat 10 km buite Potchefstroom op die Schoemansdriftpad plaasgevind. Hy het gesê paramedici het kort ná 19:00 op die toneel aangekom.

“Die man het etlike meters ver van sy fiets gelê. Hy het noodlottige beserings opgedoen en daar was ongelukkig niks meer wat vir hom gedoen kon word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Vermaak was daar geen ander voertuie op die toneel met paramedici se aankoms nie en het die motoris wat die fietsryer glo getref het van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ai ·

Ek dink op besige baie moet hulle landwyd bane vir vietsryers he, soos oorsee. Eks net bekommerd dat taxis en ongeskikte bestuurders sommer dit sal gebruik wanneer hulle wil verkeer vermy.

Tragies. Sterkte aan die familie.

Reinhardt ·

Dit is presies wat gebeur. In die Kaap parkeer almal op die fietsbane, dan moet ek maar in die pad ry. Maar ons probleem is dat ons sit fietsbane in as ‘n oplossing vir verkeer, maar ons vra nie hoekom daar verkeer is nie. Daar is verkeer omdat publieke vervoer vuil, onbetroubaar en onveilig is, dus ry almal liewer kar.

Ek is n groot voorstaander van fietsbane, maar ons moet eers die publieke vervoer kwessie oplos voordat ons op fietse kan begin konsentreer.

m ·

Dis baie tragies maar hierdie mense moet ook maar kyk waar hulle ry. As jy sien dan ry hulle voor jou in

Reinhardt ·

Net soos karre. As jy sien dan draai hulle sonder flikkerligte, as jy sien dan ry hulle oor n stopstraat… punt is, dit help nie om blaam te plaas nie. Almal moet wakker wees op die pad en by die reëls hou, fietsryers, motoriste, motorfietsryers, en voetgangers. Wedersydse respek vir ander is die geheim.

Swannie ·

Aangesien die foto in die donker geneem is, neem ek aan die ongeluk het ook in die donker gebeur, alhoewel ek geen lig op die fiets sien nie.

Dit wil ook voorkom asof die fiets van voor af getref is ?

Ek merk deesdae baie dat fietsryers aan die verkeerde kant van die pad in die rigting van aankomende verkeer ry, wat moontlik ook in hierdie geval gebeur het.

Ons paaie is eenvoudig net nie gebou om fietsryers saam met normale verkeer te hanteer nie.

Reinhardt ·

Gedeeltelik waar. Ons paaie is dalk nie gebou met fietse in gedagte nie, maar dit is nie die probleem nie. In Nederland sal n trok agter n fiets bly wat 10km/h ry sonder om ongeduldig te raak, hulle sal wag tot dit veilig is om verby te steek. In SA is motoriste nie so bedagsaam nie. (Ek ingesluit)

Cherokee ·

Jy merk dit deesdae? Ek het dit dekades gelede al gedoen. Dit is die regte manier om met ‘n fiets te ry sodat aankomende verkeer gesien kan word.

Snoefels ·

Nevermind fietsryers wat aan die verkeerde kant ry, ek sien voetgangers, vrouens met prams, drawwers ens wat aan die verkeerde kant is, want ja, ons was groot gemaak dat jy moet aan die linkerkant loop, fiets ry ens, maar met vandag se paaie hou almal maar liewer aan die regterkant sodat jy kan sien wat aan kom..

Nee ·

Nee Cherokee, alleenlik voetgangers en drawwers gebruik volgens wet die regterkant van die pad.

Swannie ·

Cherokee, wanneer ek my motorfiets of ander voertuig gebruik, verwag ek beslis nie aankomende verkeer in my baan nie…… so volgens jou moet ek dus in die middel van twee lane aankomende verkeer deurskuur terwyl dit net `n tweerigting pad is ?

Eish…geen wonder daar is so baie ongelukke nie.

Corne ·

Innige simpatie met familie en naasbestaandes van die fietsryer.
Ek wil darem net byvoeg uit persoonlike ervaring…die toestand van ons paaie, sekonder en interstedelik dwing ons fietsryers om nader aan die binnekort van die bewegende baan te ry. Die rand van die pad is met klippe, gebreekte teer en rommel bestrooi. In alle opsigte is en bly fietsry op ons paaie ‘n geweldige risiko. Daar is egter geen regverdigbaarheid dat die betrokke motoris weggery het nie.

Drawwer ·

Stem saam jou Cherokee, eks ook so geleer. Dit maak dit egter onmoontlik of baie moeilik om op die sypaadjies te draf want daar lê die aardigste goed. Het in Amerika gewoon vir ‘n paar jaar, mense is baie bedagsaam as dit kom by drawwers , fietsryers ens omdat hulle juis wil hê mens moet ‘n gesonder alternatief neem. Dit gaan maar sukkel hier in SA, as ek so na die houdings van sommige kyk.

Daniel ·

Ek het self baie fiets gery, toe ek nog kon. As jy in die nag ry is dit egter noodsaaklik om ligte, voor en agter, aan die fiets te hê en ligte klere te dra wat maklik sigbaar is. Dit kos egter geld en nie almal kan dit bekostig nie. Ek ry altyd, as die verkeer op die pad dit toelaat, so naby as moontlik aan die witlyn met my voertuig juis vir sulke onverwagse gebeure.
Innigste meegevoel aan die wat agtergelaat word.

Scalla ·

Hoe word daar beweer die motor bestuurder het van die toneel gevlug, daar was niemand anders op die toneel nie, indien dit n groot vragmotor was sou die bestuurder dit nie eers agter gekom het nie. Die fiets is van voor gertref of dalk het die haastige fietsryer van agter af in die voertuig vas gery.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.