Fietsryer sterf in tref-en-trap

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Fietsryer is Saterdagaand op die N12 buite Fochville, wes van Johannesburg, doodgery.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 19:00 na die toneel ontbied waar hulle die man, glo in sy 50’s, in die pad aangetref het.

Volgens ʼn ooggetuie het ʼn motor die fietsryer getref waarna hy in die pad geval het en verskeie ander voertuie hom glo ook raakgery het. Die man is op die toneel dood verklaar.

Die motor wat die fietsryer eerste getref het, het volgens ooggetuies weggery. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Santjie stoof ·

Arme mens!!!
Kan net dink waardeur sy familie moet gaan.
Ons bid vir julle.

H.A. ·

Dit is uiters gevaarlik om tussen 16.00 en 19.00 met fietse op besige paaie te ry !

plaasjapie ·

Ek ook baie fietsgery het in my jonger dae…maar kon sien hoe mens al hoe meer versigtig moet wees vir taxi’s veral. Druk jou sommer van pad af…draai voor jou in.
Wil nie weet hoeveel erger dit vandag moet wees nie…dink regtig nie dit veilig genoeg is om alleen met n fiets langs pad vandag te ry nie !

Freud ·

Ongelukkig is dit baie keer die geval dat ñ fiets die enigste vervoer is wat mense in die land het.

snoefie ·

ek het nog altyd gewonder hoekom ander provinsies nie verpligte fietsbane het soos die Kaapse skiereiland nie. het enigeen al die nagmerrie beleef van in die laeveld op n bergpad om n draai te ry en skielik is daar n bondel fietsryers oor die pad gesprei? ek kan nie dink dat hulle toestemming kry om op daardie paaie te mag fiets ry nie. net so ondenkbaar dat die fietsryers nie agtermekaar ry soos dit hoort nie maar opgebondel,langs mekaar. dit is mos moeilikheid soek. alles simpatie aan die gesin.

Wern ·

Fietsryers wat in bondels ry smeek om getrap te word. Moet nooit net aanneem mense gaan geduldig agter jou ry nie, tot ek raak woedend vir bondelryers, maar ek weet van taxis en vragmotors wat nog kwater word en sommer aspris wil raakry. Maar so sleg praat ek net van bondel ryers. Fietsryers wat bedagsaam is het net soveel reg om te ry en baie mense kan slegs fietsvervoer bekostig. SA maak n groot fout om karre bo fietse te plaas, daar moet baie meer gedoen word om paaie vir fietse veilig te maak en om mens aan te moedig om fiets te ry.

Stan ·

Die N12 is eintlik ‘n hoofweg wat slegs ‘n enkelbaan is. Die pad is verskriklik nou en baie trokke gebruik die pad. Die pad is onsettend besig en as voertuie van voor kom (aand) word jy so verblind dat dit net geluk is dat jy op koers bly.

Videa ·

Ek het net voor 19h verby hierdie man gery. Hy het teen die pad in aankomende verkeer rigting gery. Hy het ook van balans af gelyk op die fiets. Ek het geweet hy gaan seer kry. So jammer.

Leon Pit ·

Geweet hy gaan seer kry wat probeer jy se sou n paar mon jou ontwrig het net om om te draai vir hulp.

Stephanie ·

Hoekom moet mense altyd die slagoffer blameer? Ongelukke gebeur met enige iemand.

Nico ·

Dis baie gevaarlik op daai pad en veral soos die een persoon gese het dat hy teen verkeer gery het is die kanse 100 keer groter om raak gery te word sterkte aan die families dis nie lekker om iemand so te verloor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.