Fietsryer sterf, motoris aangekeer vir ‘dronkbestuur’

‘n Fietsryer is dood en nog een beseer. (Foto: @BOSBEER2006/Twitter)

ʼn Fietsryer is dood en nog een beseer nadat ʼn vermeende dronkbestuurder Sondag op die Weskuspad glo in hulle ingeploeg het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê sake van strafbare manslag en dronkbestuur is vir ondersoek aanhangig gemaak.

Volgens inligting het die BMW omstreeks 07:45 teen die twee fietsryers vasgery.

“ʼn 38-jarige man het aan sy beserings beswyk en ʼn 55-jarige man is na ʼn nabygeleë mediese fasiliteit geneem,” het Rwexana gesê.

Die 28-jarige bestuurder van die BMW is in hegtenis geneem.

Hy sal so gou moontlik in die Atlantis-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Phil ·

Dis mansslag deur n dronkie wat in hul ingeploeg het!! Mag die waarheid seevier!

Jaco ·

Ek dink tyd het aan gebreek vir strenger reels as dit kom by die koop van drank. En dat groter boetes gegee word vir mense wat ongelukke maak onder die invloed van drank.

Janine ·

Strenger reëls oor KOOP van drank? Ai foeitog. Nie al almal wat drink, klim agter ‘n stuurwiel in nie. Wat van basiese wette nakom? Motoriste en fietsryers, wat op baie paaie 4 tot 5 langs mekaar ry? Waar is die wette vir hulle?

Sarel ·

Jammer hy het nie ‘n Porche gery nie dan kan hy vrygespreek word.

Eltan ·

Lees ek reg…???07:45 die oggend en jy is dronk..??!!! Absolute skande en dan het jy nog die vermeetelheid om agter die stuur te klim…niks fout daarmee as jy jou in n papie wil drink nie..maar asb…doen dit by jou eie huis of bel n taxi…
Ek stem saam…dit is MOORD…nie manslag nie..

Debbie ·

Ja nee haal die lockdown van drank verkope heeltemal af. Daar word tot nou op sondae verkoop wat nooit so was nie.

SomeOne ·

my meegevoel met al die families
die stukkende bottel drank gaan nie die fietsryers se lewens terug gee nie

Nico ·

My innige meëgevoel aan die familie. Mag die waarheid seëvier.

Wondermaarnet ·

Dronk daardie tyd van die oggend? Sluit toe en gooi die sleutel weg.

Piet ·

Nou kom die suiplap weer weg met ‘n klag van strafbare manslag. Die punt is dat hy die moontlikheid moes voorsien het dat hy iemand kan doodry as hy dronkbestuur, opset in die vorm van dolus eventualis dus moord in my opinie. Dronkenskap behoort geensins meer as verskoning gebruik te word nie. As die fietsryers self nie in ‘n mate nalatig was nie behoort die perd van moord aangekla te word finish en klaar.

christo ·

Daar moet geen genade wees vir dronkbestuurders nie. Daar moet nie ‘n keuse van ‘n boete vir eerste oortreders nie. Verpligte minimum vonnis van tronkstraf. Die gesuipery en bestuur moet einde kry. Ons hoop dat die beskuldige skuldig bevind sal word. Die slagoffer/s
se naasbestaandes moet ‘n siviele saak maak teen die dronkbestuurder om skadevergoeding en verlies aan inkomste ens. te eis. Sodra daar beslag gelê word op dronkbestuurders eiendom, sal mense twee keer dink om met ‘n dronklyf agter ‘n stuurwiel in te klim.
Indien mens op ‘n naweek die Atlantis gedeelte van die Weskuspad ry, is dit opvallend hoeveel voertuie se insittendes alkohol gebruik terwyl daar bestuur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.