Fietsryer sterf na bakkie hom tref

'n Foto van die dubbelkajuitbakkie ná die ongeluk. Foto: ER24

‘n Foto van die dubbelkajuitbakkie ná die ongeluk. Foto: ER24

ʼn Middeljarige man is dood nadat hy Maandagmiddag in Vaalpark, naby Sasolburg in die Vrystaat, deur ʼn dubbelkajuitbakkie van sy fiets afgestamp is.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het Dinsdag gesê die ongeluk het op die R59-snelweg plaasgevind.

“Paramedici het die man se liggaam sowat 50 meter van waar die bakkie hom getref het, aangetref” het sy gesê. “Die man het verskeie bene gebreek en is op die toneel dood verklaar.”

Die bestuurder van die bakkie is nie in die voorval beseer nie.

“Die ongeluk het na bewering plaasgevind toe die fietsryer die besige vierbaan-hoofweg wou oorsteek. Die bakkie wat hom getref het, het in die rigting van Vereeniging gery.”

Volgens Majija is die gedeelte van die snelweg berug vir voetgangers en fietsryers wat dit oorsteek om voor en ná werk by die Vaalpark-omgewing uit te kom.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.