’n Fietsryer in sy 30’s is Donderdag dood in ’n vermoedelike tref-en-trap voorval in Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Annine Siddall, woordvoerder van ER24 het gesê die man het in die omgewing van Hobsland-laan op ’n grondpad gery toe die voorval plaasgevind het.
“Ons paramedici het omstreeks 18:00 die man in ’n kritieke toestand aangetref en onmiddellik met hartmassering begin,” het Siddall verduidelik.
Hy is dood verklaar by Ladysmith se provinsiale hospitaal nadat die hartmassering gestaak is.
Die polisie ondersoek die voorval.
En so is NOG een van ons fietsryers daarmee heen. Rus in Vrede vriend
Dis so tragies. Rus in Vrede en sterkte aan die familie xx
Dit is lewensgevaarlik. Vat dit of los dit. Om saam met motors op die pad te ry stel jy nie net jouself in gevaar nie maar ook die motoriste. Ek praat nie eens van diefstal en moord nie.