ʼn Fietsryer is dood nadat ʼn bakkie hom Maandagmiddag op die N12 in Klerksdorp, Noordwes getref het.
“Paramedici het omstreeks 13:00 by die toneel opgedaag en die man het ʼn paar meter van sy fiets af gelê,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê. “Daar was ongelukkig niks wat hulle vir die man kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”
Die omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Jammer vir die familie. Maar 99% van fietsryers is selfsugtig en dink die pad behoort aan hulle alleen. Ek verpes fietsryers net so erg soos taxis indien nie erger nie. Hulle hoort nie in die pad nie.
Fietse is nie `n gelisensieërde vervoermiddel nie en behoort beslis nie op paaie toegelaat te word nie.
Ons paaie is hopeloos te nou om nog voorsiening vir fietse ook te maak.
Motorfietse van minder as 125cc word nie op deurpaaie toegelaat nie en is wel gelisensieër.
Die wette van Suid Afrika maak soms geen sin nie.