Fietsryer sterf toe motoris in groep inploeg

Die ongelukstoneel op die R55. (Foto: Verskaf)

’n Fietsryer is dood en vier ander fietsryers en ʼn passasier beseer toe ’n motoris Vrydagoggend op die R55 in Centurion vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het en ’n groep fietsryers getref het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Herbst is nooddienste omstreeks 05:50 na die toneel naby Laudium in die Pretoriase voorstad ontbied. Een persoon het ernstige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel dood.

Vier ander fietsryers is op die toneel behandel vir matige beserings voordat hulle per ambulans na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Volgens Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het ses ander fietsryers dié beseerdes na die hospitaal vergesel.

Die motor wat die bestuurder agtergelaat het op die R55. (Foto: Verskaf)

Jannie Swan, woordvoerder van Secmed-noodienste, het aan Maroela Media gesê die groep het uit 20 fietsryers bestaan. Mahamba kon nie in dié stadium dié inligting bevestig nie.

Mahamba het gesê ʼn passasier in die motor is ook in die voorval beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die bestuurder het die motor op die toneel agtergelaat waarna hy te voet van die toneel gevlug het.

Mahamba het gesê die metropolisie doen ʼn beroep op die bestuurder om homself by die owerhede aan te meld.

Volgens Herbst was die toepaslike owerhede vroegoggend op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Berdéhan Brand ·

“Vermoedelik beheer verloor” is eufemisties gestel. ” Beheer verloor weens nalatige bestuur” of ” bestuur met die doel om ernstig te beseer” is dalk nader aan die waarheid.
Dit gebeur feitlik daagliks dat ons drawwers en fietsryers van die skouer van die pad in die bosse moet swenk of duik omdat motoriste opsetlik(!) uit die bane na ons mik. Padwoede? Wat de hel is noem mens dit?

Pensioenaris ·

Hoekom vlug die bestuurder? Sal jou se, hy moet eers nugter word.

Leon ·

Stem 100% saam gevlug omdat drank dalk n faktor gespeel het in die ongeluk

stoney ·

Dit gebeur te dikwels dat motoriste langs paaie doodtrap. Hoe dom kan so iemand wees. Jy sien daars ‘n groep ryers. Spoed moet verminder word en wees bedag! Dit klink vir my net plain moedswillig! Tussen hulle in gejaag en gesê ‘mog hy troffe.’

humor ·

Pensionaris ek is ook n pensionaris. Baie mense dink ons pesionarisse se boonste kamer werk nie meer so doeltreffend nie maar ek sal vir jou se daar is geen probleem met joune nie. EK stem 100% met jou saam.

Reinhardt ·

Ek het sopas dieselfde berig op N24 gelees. Die kommentare daar is om van die braak. Bly om te sien hier het mense darm simpatie.

Anoniem ·

Dit is so hartseer ons is self fietsryers en kom die reels van die pad na, in baie gevalle is die motoriste baie ongeduldig. Ek vat n voorbeeld laas Sondag het ek Birchwood gehardloop in Boksburg dat die motoriste voor die runners injaag en ons dan vloek….julle hoort nie op die pad nie word vir ons geskree. As ek nie hardloop of fietrsry nie bestuur ek ook n voertuig wat maak dit anders.

RIP may your soul rest in peace

humor ·

Ja alles reg, maar hy wou nie gevange geneem wees terwyl hy nie op sy voete kon staan nie.

DRONK GESLAAN ·

Ek kyk nou SABC nuus ..lewendige uitsending.
Die motor se nommerplaat lê nog daar op die toneel.
Is dit nie deel van bewyse nie?
Moes die polisie nie dit nie ingesamel het nie?

DRONK GESLAAN ·

Ja Tanya. En soos ek sê die nommerplaat lê nog op die toneel. Hoekom vat die polisie dit nie? Baie vreemd..stukke van die kar lê ook nog daar in die pad

Vincent ·

Dis my vriend en mede klublid Andrew Randall wat oorlede is vanoggend. Hulle was n groep van 10 wat gaan ry het. Die motor het van agter in die groep ingejaag en Andrew 1ste getref. Van die groep is net 2 nie beseer nie. So in die chaos na die groep getref is en beseerdes op die pad gele het kon niemand die bestuur der wat weggehol het vang nie. Die passasier wat self beseer is het agtergebly. My hart gaan uit na Andrew en sy familie

Boet Fasie ·

Kla die bestuurder aan vir moord en sluit hom toe vir altyd, ongeag sy ras of kleur.

madels ·

Die passasier in die voertuig was beseer. DIE PASSASIER behoort mos vir die polisie te se wie die bestuurder was! Gaan vra tog die passasier wie die bestuurder was….Hou nou?? Hoe ongelooflik dom kan ons polisie nou wees!!!???

wet ·

Jammer vir die na bestaandes. Ek wil tog die vraag vra…aangesien daar 20 fiets ryers was, het hulle 5 5 langsmekaar gery of max 2 persone langs mekaar? Ek vra want dis maklik om die bestuurder te oordeel maar wat maak mens as 5 fietsryers langs mekaar ry, tot in die pad en mens het nog verkeer wat van voor ook kom? Ek was al in sulke situasies.

Therese van Schalkwyk ·

wet

Jy vra, wat maak jy in sulke situasies?

Jy doen die volgende:
Jy verminder spoed, net soos jy vir enige ander stadiger verkeer sou doen, en wag vir ‘n geskikte, veilige oomblik om die fietse verby te steek.
Heel eenvoudig.

John ·

@wet dit is onwettig om 5 5 langs mekaar te ry. Die pad reëls sê duidelik dat fietse moet in enkel lyn agter mekaar ry. Maar ja, dit gee nie motorist die reg om in hulle in te jaag nie.

Baie fietsryers steur hulle glad nie aan pad reëls nie, jaag oor stop strate voor karre in en ry in die verkeerde baan.

wet ·

Theresa regtig? En ry vir die volgende 10 km agter ‘n klomp fietsryers teen 20 km/h? Verstaan ook nie hoe sommige mense se koppe werk nie soos die wat my nou kruisig oor belangrike vraag nie. As ek 80 km/h ry en en skielik verskyn 5 fiets ryers langs mekaar voor my wat teen 20 km/h tot in die pad ry wat is ek veronderstel om te doen? Veroorsaak ‘n ketting botsing of swaai in voor aankomende verkeer? Eish mense..seker fietsryers wat aanstoot neem aan my kommentaar.

Koos de Meyer. ·

Hulle het dan sy adres want die nommerplaat is daar. Hy sal hom nooit gaan oorgee nie. Hoekom is hy nog nie gearresteer nie..

Martha ·

Wet. Bid liewer vir al die getraumatiseerdes. Hoop nie dit kom jou ooit oor nie.

Pieter ·

“Beheer verloor”? Nee, verseker nie! Kom ons probeer “nalatigheid”, of “nie instaat om te bestuur nie”. Hoekom hardloop hy dan weg?!
Nee, ek stem nie saam met die berigskryfster nie. Dis swak.

anton ·

Ek het ook op n tyd fiets gery maar dit gelos want dit het net te gevaarlik geword op ons paaie.
Maar moet ook bysê dat die fietsryers en drawwers meestal dink die voertuig paaie behoort aan hulle en dit maak motoriste warm onder die kraag!
En as sekere dele van n stad toegemaak word vir hulle maak dit mense net so boos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.