Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die fietsryer het sowat 300m van die wenstreep ineengestort. Paramedici is deur ʼn ander fietsryer ontbied.
Meiring sê paramedici het vir 55 minute mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas. Hy is egter op die toneel dood verklaar.
“Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie,” sê Meiring.