Fietsryer sterf tydens Kaapse wedren

Van die deelnemers. Foto: Twitter via @CTCycleTour.

ʼn 40-jarige man is vanoggend tydens die Kaapstad-fietswedren (voorheen bekend as die Cape Argus-fietswedren) dood in ʼn verkeersongeluk.

Kenny Africa, Wes-Kaapse hoof van verkeer, het die nuus aan Maroela Media bevestig. Volgens hom het die ongeluk op die M3 naby Constantia plaasgevind.

Wendy Masters, woordvoerder van die wedren, het aan Maroela Media gesê daar was 20 fietsryers in die ongeluk op die Wynberg-heuwel betrokke.

“Een van die fietsryers het onmiddellik mediese behandeling op die toneel ontvang, maar sy beserings was noodlottig. Ons bevestig dié nuus met diep spyt,” het Masters gesê.

Sy het ook die organiseerders van die wedren se innige meegevoel aan die man se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sonja ·

Verkeersongeluk? Daar was nie veronderstel om enige voertuie te wees nie?

Vraagteken ·

Sonja, enige persoon wat ‘n padverbruiker is, is betrokke in ‘n verkeersongeluk. Daar hoef nie noodwendig ‘n voertuig betrokke te wees nie.

Hannelie ·

Sonja jy verstaan verkeerd. Daar wás net fietsryers. Dis 20 fietse wat in ‘n ongeluk was van fietsryers. Jy noem dit ook ‘n verkeersongeluk. Sterkte aan die man se familie.

Philip ·

Daar word nerens genoem dat daar ander voertuie as net fietse betrokke was nie, ongeveer twintig fietse het teen ‘n redelike spoed teen mekaar gebots.

Philip ·

Fietser, daar was geen “gemotoriseerde voertuie” betrokke nie, ‘n klomp fietsryers het teen mekaar vasgery, dit kan tog seker ook dan ‘n ongeluk genoem word of hoe? Daar word nie in die berig gemeld dat enige gemotoriseerde voertuig betrokke was nie en mense aanvaar nou sommer dat dit die geval was. Die berig kon dalk ook maar genoem het wat eintlik daar gebeur het, dit sou verwarring en verkeerde afleidings voorkom het.

Skerpioen ·

Sover ek dit het maak voertuie, motorfietse en gewonde fietse almal deel van die verkeer op die pad… Ek is jammer vir die fietsryer se familie. Sterkte julle.

gunston1960 ·

Ai Sonja, betreur eerder die tragedie as om n skuldige te soek, Sterkte aan die familie

Ryer ·

Daar is drie mense oorlede :( RIV
(Een aan die beserings veroorsaak in die ongeluk soos bo beskryf, een aan ‘n hartaanval en een beampte klink dit my)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.